poësiewerkwinkel wroeging angs verlange wring en tuimel in die klein huis waarvan sy lees in haar gedig in die hoek van ’n strofe woer ’n tuimeldroër dáár is jou beeld sê die werkwinkelleier en bekroonde digter smyt maar die abstraksies uit daardie beeld vol vuil wasgoed sê genoeg van wroeg haar oë skiet…