Annemarié van Niekerk. Zo is het genoeg. Wisława Szymborska
Tuesday, April 16th, 2013
Die twintigste eeu was Pole nie goedgesind nie. Die land was die toneel van drie oorloë, nazi-terreur, die holocaust, en die stalinistiese diktatuur. Tog beleef die Poolse digkuns ‘n bloeitydperk in hierdie eeu en ontvang twee Poolse digters die Nobelprys vir literatuur: Czesław Miłosz (1911-2004) in 1980, en in 1996 die grande dame van die Poolse poësie, Wisława Szymborska (1923-2012). Oor Szymborska het ek destyds, toe sy die Nobelprys ontvang het, nog min geweet. En was toe ook nog nie in Pole nie.
Juis omdat Szymborska met soveel verwondering na alledaagse dinge in haar direkte leefwêreld kyk en in haar gedigte botstil daarby gaan staan, is sy ’n soort digter met wie se omgewing haar leser graag kennis maak. Sy is by uitstek ’n digters wat die doodgewone moment, soms teen die agtergrond van ’n gegewe stuk geskiedenis, in priemende nugterheid vaspen. ‘Het moment’ is ’n goeie voorbeeld van hoe sy haar verwondering oor iets alledaags vasvang.
HET MOMENT
Het is negen uur dertig lokale tijd.
Alles is op zijn plaats, in voorbeeldige harmonie.
In het dal een kleine beek, die een kleine beek is.
Een paadje in de vorm van een paadje van altijd naar immer.
Een bos met de schijn van een bos tot in eeuwigheid amen,
boven mij vliegen vogels, in de rol van vliegende vogels.
Zover het oog reikt heerst hier het moment.
Een van die aardse momenten
die men vraagt: ga niet voorbij.
Toe Szymborska in Februarie 2012 op 89-jarige leeftyd sterf, was ek nog steeds nie in Pole nie; dit was hoogtyd. Drie maande later, Meimaand, breek die geleentheid aan. Ons besoek Warschau, Lüblin en spesifiek ook Krakow waar Szymborska tot aan die einde van haar lewe gewoon het en waar Czesław Miłosz ook sy laaste lewensjare deels deurgebring het en in 2004 op die ouderdom van 93 dood is. (Die foto hierbo is van ‘n Poolse landskap deur die treinvenster geneem, dit het my natuurlik aan ‘Het moment’ herinner.)
Ons hotel in Krakow is op die Rynek Główny (Groot Mark) een van die grootste en mooiste markpleine van Europa. Ons hoë kamervenster kyk uit op die plein omring deur sy stylvolle geboue, middeleeuse markhal en mense wat onder veelkleurige sambrele op kafee-terrasse in die son sit – laasgenoemde waarskynlik ’n ietwat ander prentjie as wat hierdie selfde plein in die 13de eeu geken het, maar die geboue en ontwerp steeds outentiek, en boonop soos wat Szymborska en Miłosz dit geken het.
Die plein, so lees ek, word kort nadat die Duitsers aan die mag gekom het, hernoem na ‘Adolf Hitler Platz’ en word tydens die besetting o.a. gebruik vir propaganda doeleindes. So byvoorbeeld is daar soms van die geallieerde vliegtuie wat bo Pole neergeskiet is, op die plein grootdoenerig tentoongestel. Maar later het Adolf Hitler Platz weer die Rynek Główny geword en die allure van vroeër was terug. Die geskiedenis van die plein vergestalt beide goed en kwaad, die skone en die afskuwelike. En dit herinner my aan een van die gedigte wat na Szymborska se dood nog gevind en gebundel is:
EEN HAND
Zewenentwintig kootjes,
vijfendertig spieren,
ongeveer tweeduizind zenuwcellen
in elk topje van onze vijf vingers.
Precies genoeg
voor het schrijven van Mein Kampf
of The House at Pooh Corner.
Dit is verleidelik om Pole se nare geskiedenis te vergeet, as mens die prag van hierdie markplein bekyk, en aan die oorkant die ‘paleis’ waar ons die aand ’n Chopin klavierkonsert bywoon (nadat ons die vorige dag die pragtige en ook tegnologies-fantastiese Chopin Museum in Warschau besoek het). Pole is nie net ’n land van uitmuntende digters nie, maar ook die geboorteland van Chopin.
Hier in Krakov voel mens die wêreld van Szymborska op jou vel… haar altyd helder en deursigtige poësie word tasbaar, asof jy iets terugkry wat jy verloor het. P.F. Thomése vat hierdie gevoel presies saam in ’n stuk wat hy oor haar in NRC Handelsblad skryf: ‘Door de bezieling van de gedichten geven ze je in woorden terug wat je ongemerkt aan werelden verloren bent.’
As ek die volgende oggend vroeg wakker word in die nog byna donker hotelkamer en wag dat die bed, stoel, spieëltafel, kas, mure en gordyne definisie kry terwyl die son haarself nogal lui aanmeld vir haar vroegoggendskof, onthou ek brokke uit ‘In de vroegte’, wat ek later weer opsoek:
IN DE VROEGTE
Ik slaap nog,
maar intussen vinden er feiten plaats.
Het raam wordt wit,
de donkerte grijs,
de kamer duikt op uit de wazige ruimte,
bleke, onzekere streepjes zoeken steun.
Achtereenvolgens, ongehaast
-het is een ceremonie-
dagen de vlakken van de wand en plafond op,
maken de vormen zich van elkaar los
de een van de ander,
de linkerkant van de rechter.
De afstanden tussen de voorwerpen schemeren,
de eerste schitteringen tsjilpen,
op een glas, op de deurknop.
Het lijkt niet meer alleen zo, maar is helemaal
wat gisteren werd verplaatst,
wat op de grond viel, wat in de lijnen past.
Alleen de details zijn nog niet
binnen gezichtsbereik.
Maar opgelet, opgelet, opgelet,
veel wijst erop dat de kleuren terugkomen
en elk ding, zelfs het kleinste, weer zijn eigen kleur krijgt,
met de nuance van zijn schaduw erbij.
Dit verbaast me te zelden, hoewel het zou moeten.
Gewoonlijk word ik wakker als verlate getuige
wanneer het wonder al gedaan is,
de dag is gevestigd
en ochtendstond magistraal in ochtend veranderd.
Ons loop Krakov plat, besoek soveel as moontlik in die stad, proe-proe aan die wêreld van die Poolse Nobel-digters. En ons lees poësie terwyl ons in die Mei-sonnetjie op terrasse die dors les.
Szymborska het nie net oor klein momente geskryf nie, en ook nie net oor dit wat in haar eie omgewing gebeur het nie. Sy het ook ander wêrelddele verwoord én groot historiese gebeure, maar altyd met die blik op die menslike belewing, om juis daarmee die grootse impak van so ‘n gebeurtenis vas te vang. Daarom is haar gedig oor 9/11 vir my een van die mees treffendste beskrywings van wat op daardie dag gebeur het.
EEN FOTO VAN 11 SEPTEMBER
Ze sprongen uit de brandende etages naar beneden –
een, twee, nog een paar
hoger, lager.
Een foto hield ze levend tegen
en bewaart ze nu
boven de aarde naar de aarde toe.
Elk van hen is nog een geheel
met een persoonlijk gezicht
en bloed dat goed verborgen is.
Er is tijd genoeg,
voor het haar om los te waaien,
voor de sleutels en het kleingeld
om uit de zakken te vallen.
Ze zijn nog steeds in het bereik van de lucht,
binnen de kring van de plekken
die net zijn opengegaan.
Ik kan maar twee dingen voor hen doen –
die vlucht beschrijven
en geen laatste zin toevoegen.
Ook Szymborska het ’n finale sin geskryf. Onlangs het haar laaste gedigte, sommige nog onvoltooid, in Nederlandse vertaling deur Karol Lesman, by De Geus verskyn. Die bundel heet ‘Zo is het genoeg’.
Maar van Wisława Szymborska kry ek nooit genoeg nie. En Pole het my hart gesteel.