Posts Tagged ‘pretoria’

Johann Lodewyk Marais. Jakarandas, poёsie en ideologie

Sunday, June 27th, 2010
Jakarandas

Jakarandas

Pretoria is groot en Kerkstraat is altesaam 26 kilometer lank. Volgens oorlewering is dit die langste hoofstraat in die wêreld. In Kerkstraat-Oos is daar aan albei kante van die straat jakarandabome. Ek is elke jaar op die uitkyk vir die eerste jakarandas wat begin blom, en 2 September was die vroegste wat ek ‘n jakarandaboom al sien blom het, hoewel hulle eers teen Oktober in hulle volle glorie staan. Nog ‘n interessantheid is dat ‘n mens jakarandabome met blomme aan baie maande van die jaar kan sien. Ek het vanjaar nog tot in Mei bome met blomme aan gesien. Dit beteken ‘n mens kan eintlik nege maande van die jaar jakarandas met blomme aan kry.

Afrikaanse digters soos Lina Spies (kyk “Somnambule” en “Van die weer gepraat” in Van sjofar tot sjalom (1987)) en Ina Rousseau (kyk “Jakarandatyd ’83” in Grotwater (1989)) het onvleiend oor Pretoria se jakarandas geskryf, maar die Griekse digter George Seferis (1900-1971), wat gedurende die 1940’s ‘n diplomaat by die Griekse Ambassade in Pretoria was en in 1963 die Nobelprys vir Literatuur verower het, het in Oktober 1941 met waardering oor Pretoria-Oos se jakarandas geskryf!

 

Kerk Straat Oost, Pretoria, Transvaal

 

Jacarandas playing castanets and dancing

threw around their feet a violet snow.

The rest’s uninteresting, and that

Venusberg of bureaucracy with its twin

towers and its twin clocks

profoundly torpid like a hippopotamus in blue sky.

And cars raced by showing

backs glistening like dolphins.

At the end of the street waiting for us –

strutting idly about its cage –

was the silver pheasant of China,

the Eurlocamos Nychtemerus, as they call it.

 

And to think we set out, the heart full of shot,

saying goodbye

to Onokrotalus the Pelican – he

with the look of a trampled Prime Minister

in the zoological garden of Cairo.

 

(Uit Roy McNab (ed.): George Seferis: South African Diaries, Poems and Letters (Cape Town: Carrefour Press, 1990)

Johann Lodewyk Marais. Op Eugène N. Marais se spoor (2)

Friday, June 25th, 2010

DIE ROETE

Tydens vandag se uitstappie op Eugène N. Marais se spoor gaan ons begin deur deur Pretoria te ry. Die strate (soos Kerk-, Blackwood-, Beatrix- en Proesstraat) wat ons gaan gebruik, het reeds in Marais se tyd bestaan, al het hulle sedertdien ‘n gedaanteverwisseling ondergaan. Ek sal tydens die toer ‘n aantal besienswaardighede uitwys wat op sy lewe betrekking het. Tydens die toer sal ons enkele afklimpunte besoek. Net een hiervan is in Pretoria. In die Kerkstraatse begraafplaas gaan ons naamlik na Marais en sy vrou se graf langs die Heldeakker kyk. Daar is natuurlik heelwat ander plekke in Pretoria wat met Marais verbind word, maar vandag gaan ons nie daaraan aandag gee nie. Dit regverdig eintlik ‘n toer op sy eie. Van die begraafplaas af ry ons weswaarts na Pelindaba waar ons besoek bring aan Gustav en Hannie Preller se huis, die rondawelhuis daarnaas waar Marais gewoon het, Lood Pretorius se huis waar Marais die geweer geleen het en die plek waar Marais homself geskiet het.

palm psalms i

Tuesday, September 1st, 2009

 

‘my hand is ’n psalm / my palm / ’n gesang van gee en ontvang / van vat, verloor of verlang / my vingers ’n woordboot op ’n inkswart see / ’n reisiger wat sink, verdrink of kalm, / talm’ 

 

Ek het die gewoonte om in ‘n waas van wyn en onder die invloed van musiek en emosies, ‘n pen te gryp en op my lyf woorde te begin skryf. Soms op die hand se rug. Soms, selfs, op ‘n enkel of ‘n kuit. Meestal, though, op die palm van my linkerhand. Neem dit dan af met my eie regterhand. Met wat ookal naby is. Selfoon-kamera; mik-en-druk of soms selfs die real McCoy. Of dan, as iemand meer bedrewig naby is, word soms selfs goeie foto’s daarvan geneem.  

So bestaan daar nou al ‘n arsenaal van liggaamsdele met verse op. Vir die meer intieme dele het ek mense naby aan my gevra om die woorde te skryf en af te neem. So het palm psalms onstaan. Daar is borse, borste, bobene en dye. Selfs ‘n kaalkop en ’n oor tussenin.

Grootliks is dié rymelary belydend van aard. ‘n Oomblik se swakheid, ‘n verlange na ‘n ou kêrel, ‘n skaamte oor ‘n harde woord of ‘n onnodige doenigheid.

‘n Oop palm is ‘n wonderlike idioom van gawe en vergifnis. Soos bladskud. Oop hand, oop hart. Dit hoef nie gebaai te wees in swarige woorde nie. ’Jammer’ is dalk die sterkste woord in Afrikaans. 

Sodra jy jou hand toemaak, word dit kwaad. Soos ‘n vuis. Selfs die woorde word kwaad. Jy sluit alles uit…

Maar hou dit oop, en jy gee. En ontvang. En, soms, kry jy. Die woorde.  

   

‘hond blaf, ons bluf / iewers klink die diep gesang / van die maan se swanger gang / en o, my lief, in ’n kleindorpse katedraal / is ons albei immense / en is ons albei verdwaal’

Daar is verskeie psalms oor Pretoria. ‘n Stad wat ek innig bemin. Die Moot, waar ons bly, het iets daarmee te doen. Groot, brede strate. Meestal onkwaad mense. Alles soorte wat meng. Arm, ryk(erig), klas, kleur. En die lug teen sononder…

‘pretoria is ‘n omderstebo strainer met ‘n kers in / ‘n omgekeerde celestial skottel met ‘n vers in / vol drome wat week soos sterre is / wat elkeen ‘n brande son / in die verre is…

  

 

 

 

  •