Kwatrynkompetisie (2-5)
Saturday, February 27th, 2021
(2)
Toe Pa dit sien…
Gaste kom terwyl ons wingerd bewerk;
sukkel met hulle, werkers en die werk.
Met die pes los ons als langs plaasmure
om te keer, toe ek oor’le Pa opmerk.
*
(3)
‘n Wyntjie op sy tyd
Glo my, hul stap sy aan sy: pyn en wyn,
makkers wat nooit ooit fluit-fluit sal verskyn.
Dit hoort mos soos brood en korrelkonfyt
sonder verwyt: laat pes wyk en verdwyn.
*
(4)
Kom klink ‘n glasie
In die drankbestel word boere gevel;
bitterheid bly knel- ‘n brander wat swel,
toe-kop, covid het ons sleg teruggesit
bly snel keel opsit oor wat bedryf kwel.
*
(5)
Luite speel luid
Los die aardse, dit tel niks, wil Bacchus maan
dans, beplan en geniet, want tyd stap aan.
Leef vrolik voluit met ‘n glasie rose;
gesondheid in die blomtyd, voor ons gaan.
© Reinette Thiart, 2021