Resensent: Dr Amanda Lourens Reisiger te perd: 100 gedigte oor perde deur Piet van Rooyen. (Pretoria Boekhuis, 2013, ISBN: 978-1-4853-0025-0, Formaat: Sagteband, 120p.) Piet van Rooyen, wat veral ook as romansier bekend is, debuteer in 1973 met Draak op die erf, waarna Rondom ’n boorvuur (1983), Goedsmoeds (2002) en Kwansuis (2008) volg, telkens met redelike…