Kwatrynkompetisie (123)
Wednesday, April 21st, 2021
onder die berg en die oggendlug
lê ‘n wingerd blarerig en sug
agter glas roep my hart na ‘n dag
sonder pes en pandemie-berig
© René Bohnen, 2021
Posts Tagged ‘René Bohnen kwatryn’Kwatrynkompetisie (123)Wednesday, April 21st, 2021
onder die berg en die oggendlug lê ‘n wingerd blarerig en sug agter glas roep my hart na ‘n dag sonder pes en pandemie-berig
© René Bohnen, 2021
Kwatrynkompetisie (122)Wednesday, April 21st, 2021
hier is ‘n vers in my taal op ‘n bottel hier is wyn, skaaptjops en ‘n braaiskottel maar ek sit sonder jou en jy sonder my want ‘n virus het ons wêreld kom betottel
© René Bohnen, 2021
Kwatrynkompetisie (121)Tuesday, April 20th, 2021
my gedigte my wyntjie en ek sit al ‘n jaar op hierdie een plek gegrendel gebottel gestrand met covid wat aan ons longe lek-lek
© René Bohnen, 2021
Kwatrynkompetisie (120)Tuesday, April 20th, 2021
ons weet mos nou al ons dae is soos gras op die skaakbord staan ‘n bestemde uurglas langs my selfoon, beursie, ‘n masker en my doepa teen die virus, my rooiwyn paljas
© René Bohnen, 2021
|