Resensie: Bidsnoer – Pieter Fourie Tygervallei: Naledi. ISBN 978-1-928426-06-6 Resensent: Marlies Taljard Bidsnoer van pêrels. Volkskuns as mini-teater. Gesprek met die Onsienlike in oeroue metafore. Dit sou ‘n mens Bidsnoer, Pieter Fourie se tweede poësieboek, kon noem. Ook ander tiperings, soos Daniel Hugo se “inventarisse en inkantasies” en “besweringe van die verganklikheid”, sou ewe…