Resensie: Die goeie vrou en ander mites (Corlia Fourie), Protea Boekhuis, 2018 Resensent: Gisela Ullyatt Corlia Fourie is geensins onbekend aan Afrikaanse lesers nie. Haar oeuvre span bykans dertig jaar en oor genres heen: kortverhale, romans, kinderverhale, drama, en tydskrifverhale. Sy is ’n strydros van die joernalistiek en ook ’n deurwinterde tydskrifverhale-redakteur. Verder lewer…