Doodmenslik deur W.L. van der Merwe. Protea Boekhuis, 2018. Resensie: Dewald Koen Die Engelse digter-dramaturg Oscar Wilde het gesê “wisdom comes with age […]”. Ek is geneig om heelhartig met laasgenoemde stelling saam te stem. Alhoewel daar talle voorbeelde van jong Afrikaanse digters is wat die letterkundige establishment se fondamente geskud het (hier dink…