Kodeks. Nini Bennettt. Cordis Trust Publikasies. ISBN 978-0-620-50030-2. Prys: R80. 68 bladye. Sagteband. Resensent: Zandra Bezuidenhout Die digbundel van `n debutant benader jy soos ‘n verrassingspakkie; sonder aangekorste verwagtinge omtrent ‘n digter se aanslag, tematiek of vermoëns, en gretig om te sien hoe ‘n nuweling die kaal tablet beskryf. Al weet jy dat Bennett reeds…