Narokkong. Riël Franzsen. Protea Boekhuis. ISBN 978-1-4853-0410-4. Sagteband. 64 bladsye. Prys: R150. Resensent: Zandra Bezuidenhout Die skaduwêreld onder die narokkong se vlerk ʼn Enkele woord kan met jou toor; soos “narokkong”, die skrikvoël met die donker, afgetrokke oë wat sy naam by ʼn Masaistam gekry het; die een wie se nimmereindigende, droewe roep al…