Die mooiste Afrikaanse Christelike gedigte Samesteller: Cas Vos [Lux Verbi, 2017] Resensent: Tom Gouws Die versamelbundel as ‘n soort half-deurlatende lens 1. In haar resensie van die digter Tom Gouws se bundel Syspoor het Joan Hambidge dit indertyd as die poësie van die smal weg getakseer, en toe kategories gestel dat, te oordeel aan dié…
Tag: resensies deur Tom Gouws
Resensie: Uittogboek (Johan Myburg)
Uittogboek. Johan Myburg. Protea Boekhuis, 2017. Resensent: Tom Gouws Bundel van resonante grootsheid Johan Myburg is ʼn digter wat hom langsaam haas – hy word bepaald nie deur ʼn publikasiewaansin gedryf nie. Vanaf sy eerste buiging in 1984, met Vlugskrif, publiseer hy pas sy vierde digbundel, dus vier volwaardige bydraes in drie-en-dertig-jaar. Van hierdie eerste…
Resensie: In ‘n oomblik (Cas Vos)
In ‘n oomblik deur Cas Vos. Naledi, 2016 Resensent: Tom Gouws Te veel verspeelde oomblikke Hierdie nuwe publikasie is Cas Vos se tiende digbundel in sewentien jaar. Dit sluit nie sy twee knap vertalings, Fragmente uit die Ilias en Fragmente uit die Odusseia, in nie. Voeg daarby die werk wat hy as samesteller doen, asook…
Resensie: Solank verlange die sweep swaai (Danie Marais)
Solank verlange die sweep swaai deur Danie Marais (ISBN: 9780624068426; R150.00; Sagteband, 112pp; Tafelberg, 2014) Resensent: Tom Gouws Poëtiese nawelstaar op 41 Danie Marais se debuutbundel, In die buitenste ruimte (2006), het die Afrikaanse literêre toneel soos ’n baie opwindende dog onverwagte ruimteskip getref. Dit is oorvloedig bekroon, met die Ingrid Jonker-, Eugène Marais-…
Resensie: die agste teken (Basie Duvenhage)
Die agste teken – Basie Duvenhage (ISBN: 9780620560344; R130, Inset Uitgewers, 2013) Resensent: Tom Gouws ‘N GEMEENSAME ANNERLIKHEIT, ‘N TUISLIKE STEM Die Afrikaanse literatuur het ‘n uitsonderlik ryk tradisie van taalvariëteite, streekstaal, en gevolglik het ons ‘n skat van diverse kontreikuns. Ook in die poësie het die stem van die volksdigter nog altyd…
Resensie: Soom (Hennie van Coller)
‘n Bundel van gemoedelik-lokale realisme : Soom, Hennie van Coller, Griffel, 2012 Resensent: Tom Gouws Ons weet die meeste letterkundiges is closet-digters, maar dit bly altyd ʼn groot verrassing as ʼn deurwinterde letterkundige eers laat in sy loopbaan debuteer. T.T. Cloete se toetrede as digter tot die produksiesy van die literêre sisteem het almal laat…
Resensie: Pirouette (Aniel Botha)
Min sprake van poësie as ʼn dans met woorde: Pirouette, Aniel Botha. ISBN: 9780795800320; Sagteband, 64pp; prys (insl. BTW): R 150.00; Queillerie, 2012 Resensent: Tom Gouws In die laat sewentiger-, vroeg tagtigerjare het daar geredelik nuwe Afrikaanse digbundels verskyn, maar die meeste tekste het jou gelaat met ʼn gevoel van déjà vu. Daar was min…