Op die pas afgelope Saterdagoggend het die natuurlike en mensgemaakte wêreld saamgesweer om my ongehoord vroeg uit die bed te kry: drie blaffende worshonde wat ontbyt soek, ’n onnodige foonoproep en ’n uitgeslaapte, verveelde elfjarige. Dit was dus met ’n redelik grimmige gemoedstemming dat ek die koerant nadergetrek het met die verwagting om niks beter…