Saw German army roll on like fog New York Tribune, 23 August 1914 laatmiddag slinger slinger twee mense strandlangs waterlangs gedagtes uitgedoof deur branders wat deurskynend akwamaryn omvou omvou dra dit lae voue plooie en bollings wit gaasdoek gaatjiesdoek kloskant chantillykant skuim wat suisel-suisel oor die sand en voor hul voete trek die…
Tag: Rina Bester gedig
Rina Bester. Red terror in Berlin
Red terror in Berlin Daily Express, 15 January 1919 in die begin van vyf tot vyftien haar kop los van haar lyf gedink Bybelstories in die sondagskool voor slaaptyd Bybel oor en oor Johannes een: in die begin was daar die Woord en die Woord het vlees geword hare sy wou nie…
Rina Bester. Die eerste maan-tree, Apollo-man se treetjie is ʼn reuse-stap
Die eerste maan-tree, Apollo-man se treetjie is ʼn reuse-stap Die Transvaler, Maandag 21 Julie 1969 daar was ʼn vrou wat net soos ek die laaste son op ʼn koperarmband kon sien glans daar tussen die drie koppe van Tsodilo het ek my ook vergaap aan Xorab se verhaal, haar mense wat moes trek…
Rina Bester. kleptomanie (M)
kleptomanie steelsug nie deps of gaps têre of poppentjies teken as sy gespanne met vaste tred dorp toe gaan vir naarstiglike soeke deur winkelrakke vir alles op haar lys raaisels verdiep oor die walging wat opstoot in haar keel maar berooid en lelik bly die blompot en tamatiesous in haar handsak as…
Rina Bester. kwaksalwery (M)
kwaksalwery na – Hieronymus Bosch se “Extraction of the stone of madness” (1502-1505) jan en alleman nie soos lubbert das vasgegord op ʼn stoel skuil gesigloos agter sleutelbord en skerm kap selfvoldaan met vingers send send send om hul alwentende X’e twitterend stronterig op die internet te blerts is dit erger as ou…
Rina Bester. neonatoloog (M)
neonatoloog spina baba roep groot indaba opereer god se helper dan deur maagwand vliese en sak laat hy jakkals trou met wolf se vrou sodat hierdie kind nie met gesplete rug op ʼn reëndag soos ʼn oggeliefie ogilvie met kwyl op sy mou druppels teen die ruit oopmond moet volg blink blinker druppelsdou…
Rina Bester. lente in plettenbergbaai
lente in plettenbergbaai vier suikerbekkies fletter die lente in en ver agter ʼn seekantstraat druis ʼn springgety in die lug as vier suikerbekkies kwetter en speldekussings losknoop hang my hart aan ʼn geel bitoubos val sag op sagter grys kooigoed as vier suikerbekkies mik-mik al om ʼn oranje kanferfoeliebos haak die laaste winter…
Rina Bester. Lolita’s van die Laeveld
Ons dink as die vrolike Lolita’s van die Laeveld Se rompe lil in die wind maak hul geld Maar nee my vrind Wat jy daar vind Is rooi flambojante stewig in al die dorpstrate vasgespeld © Rina Bester, 2021