Posts Tagged ‘Romans van die dekade’

Desmond Painter. Nuwe jaar

Friday, January 1st, 2010

Vir almal wat hier lees: ek hoop dit is ‘n voorspoedige nuwe jaar, en dat 2010 vir meer as net sokker onthou sal word…

 

Ek sit en lees vanmiddag die derde volume van Javier Marias se roman, Your face tomorrow. ‘n Meesterstuk; ‘n boek vir die lange duur. Ek sou die drie volumes saam benoem vir Roman van die Dekade. Wat sou die ander wees, as ek ‘n lys moes maak? Dit is eintlik ‘n onmoontlike lysie om saam te stel; daar was so baie goeie boeke, en in elk geval, ek sal my geheue eintlik eers moet verfris voor ek so iets aandurf.

 

Maar vir nou, die volgende boeke (almal gepubliseer in die 2000s) staan vir my uit – vir hulle intellektuele reikweidte, vir hulle emosionele diepgang, vir hulle doodgewone briljantheid:

 

1. Your face tomorrow (Vols. 1-3) – Javier Marias

2. Never let me go – K. Ishiguro

3. The Road – Cormac McCarthy

4. Atomised – Michel Houellebecq

5. Elisabeth Costello – JM Coetzee

6. The Human Stain – Philip Roth

7. Cosmopolis – Don DeLillo

 

Miskien moet ek later verder aan hierdie lysie werk. Wat het ek uitgelaat? Wat het ek (volgens jou) verkeerdelik ingesluit?

  •