Ronald Kenneth (Ronnie) Belcher is op 21 April 1933 in Goodwood gebore as een van 13 kinders van ʼn Engelssprekende werkersklas-gesin. As arm student aan die US het hy vakansietye na die destydse Rhodesië geryloop waar hy sy studiegeld verdien het. Sy lewensbeskouing is waarskynlik grootliks gevorm deur sy eie stryd om oorlewing en…
