Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het gister hul bekronings vir 2017 bekend gemaak. Twee digbundels is hiermee deur die Akademie vereer, te wete Mede-wete (Antjie Krog) met die driejaarlikse Hertzogprys vir poësie en Fotostaatmasjien (Bibi Slippers) met die Eugène Marais vir 2016. Van harte geluk aan dié twee digters met…