Salomé van Vuuren. Ars poetica
Friday, December 10th, 2021
Ars poetica
diep in die siel
is die lêplek
van woorde
wat sluimerwag
vir die oerknal
wanneer papirus en ink
ontmoet
‘n verskietende ster blink
in ʼn ligbaan
verse wat klink
© Salomé van Vuuren, 2021