Trauma Gemeenskappe se seer sal veral naweke manifesteer in provinsiale hospitale se trouma-eenhede en sale: stomp trouma: (Dokter, ek het geval; Mevrou, hoe lank slaan hy jou al?); nob: (Daddy het baba vir Mammie gegooi – toe val sy op haar kop); messteek en skietwond se gapende nood wys genadeloses…
Tag: Salvia Ockhuis gedig
Salvia Ockhuis. Vel
Vel Jy lyn my soom my, vorm my, teken my kontoere, huid my vaste lande, hul my vloei; bas my bou en huis my hart; sonder jou is ek skansloos teen skade: net brose naaktheid van rooi-rou vlees, die brutale blou van ontblote vate; misvorm minus die steun van vashou-nate;…
Salvia Ockhuis. Metastase
Metastase Hulle is wegloop-telge van ‘n maligne-ma wat haar identiteit slinks na ander weefsel en organe dra; elders in die anatomie die bloudruk van hul vraatsug na verrotting laat ontsteek: nie-benigne neoplasmas kweek. © Salvia Ockhuis, 2023
Salvia Ockhuis. Defibrilasie
Defibrilasie Die monitor registreer jou ventrikels wat fibrilleer: daar’s chaos in die onderste kamers van jou hart; jy presenteer jou nood met ‘n weet wat weg wei, met jou asem wat stop, met jou karotis wat nie klop en onder jou vel sprei die wit laken van die wagtende dood – …
Salvia Ockhuis. Koronêre Angiogram
Koronêre Angiogram Doeke dek die pasiënt steriel van toon tot nek, elke vou of kreukel presies plat getrek met net ‘n kaal lies wat onder kleurlose pleister loer: hier – deur ‘n punksie in die femorale arterie – word oor ‘n draad kateters na die linker en regter koronêre arteries onderskeidelik gevoer; …
Salvia Ockhuis. Ontydig
Ontydig Jy het die son se geel spoor oor blou noukeurig dopgehou; jy kon skadu’s se val vertaal en só sekuur die tyd bepaal. Hier is mense wat glo hulle weet elkeen se tyd op aarde is afgemeet. Maar my hart sien nou geen songeel teen die hemelblou – net skaduwees wat daglank daal:…