Verlede Vrydag kon ek skryf van Gilbert Gibson wat tans deel uitmaak vanj Ooteoote se “vertaallab”; vandag kan ek berig van twee omvattende onderhoude met Ronelda Kamfer wat ‘n week gelede in die NRC Handelsblad (11/05/2012) en De Volkskrant (12/05/2012) verskyn het. Hierdie onderhoude is gevoer na aanleiding van haar nuutste bundel, Santekraam, se ongekende sukses in…