Posts Tagged ‘Sao Paulo’

Desmond Painter. Foto’s van die heup af

Tuesday, November 8th, 2011

Dit frustreer my altyd: ek mik en mik en mik voor ek druk, en tog is die fototjies wat ek na ‘n reis wil bewaar dikwels die wat ek heel letterlik van die heup geneem het — so in die loop, sonder om op die skermpie te kyk, nog voor die kamera skouerhoogte kon haal, ‘n cowboy wat vinning moet skiet. Hierdie twee, byvoorbeeld, is sulke foto’s:

Sao Paulo 1

Sao Paulo 1

Sao Paulo 2

In beide gevalle het ek nie getref wat ek wou nie, maar in beide gevalle is daar dinge in die foto wat ek baie van hou. Die man in die eerste foto: ek het hom heel per ongeluk afgeneem, maar ek verkies hierdie foto bo die een wat ek net daarna van die gebou agter hom geneem het, as korrektief, as poging om my visuele intensie te herstel. Hy gee ‘n beweeglikheid aan die foto. Sy liggaam, selfs gestol in beweging, suggereer iets van die ritme en die houding van die stad.

Die tweede foto: letterlik van die heup af, heel verkeerd gemik. Na die tyd het ek gaan staan, gewag vir nog ‘n rooi lig, halfpad oor die straat gestap, en die foto geneem wat ek aanvanklik wou neem. Maar weereens verkies ek die toevallige fonds. Behalwe dat ek baie hou van die kontras van die grys en die geel, lyk dit vir my op my skewe foto ook asof die geboue effe oorhel en begin kantel, asof bestendigheid slegs deur daardie twee waarskuwende rooi ligte, wat in die middel van die foto hang, verleen word.

Die oomblik voor alles in beweging kom, dalk selfs inmekaar tuimel.

Desmond Painter. Terug in die tuig

Monday, November 7th, 2011

Pas terug uit São Paulo: wat ‘n stad! ‘n Intense, besige 10 dae: vier lesings, ‘n string formele en informele ontmoetings, etes en verkeersknope, ure wat ek steel om op my eie te gaan stap. Kilometers te voet. Moltrein wanneer ek te moeg is vir die pad terug. Saans in die woonstel bestudeer ek die kaart; nie om die volgende roete te beplan nie, om te sien of ek my spoor kan vind. Ek moet probeer om iets hiervan neer te skryf; ek het dit nodig, die ervaring wil nog nie stol nie. Hier is solank ‘n vers deur een van die grootste Brasiliaanse digters van die vorige eeu:

***

Don’t Kill Yourself – Carlos Drummond de Andrade

Carlos, keep calm, love
is what you’re seeing now;
today a kiss, tomorrow no kiss,
day after day tomorrow’s Sunday
and nobody knows what will happen
Monday.

It’s useless to resist
or to commit suicide.
Don’t kill yourself. Don’t kill yourself!
Keep all of yourself for the nuptials
coming nobody knows when,
that is, if they ever come.

Love, Carlos, tellurian,
spent the night with you,
and now your insides are raising
an ineffable racket,
prayers,
victrolas,
saints crossing themselves,
ads for better soap,
a racket of which nobody
knows the why or wherefor.

In the meantime, you go on your way
vertical, melancholy.
You’re the palm tree, you’re the cry
nobody heard in the theatre
and all the lights went out.
Love in the dark, no, love
in the daylight, is always sad,
sad, Carlos, my boy,
but tell it to nobody,
nobody knows nor shall know.

Desmond Painter. Op pad na São Paulo

Friday, October 7th, 2011

Op 14 Februarie 2011 het ek met groot stelligheid hier aangekondig dat ek op pad São Paulo toe is. Daardie uitstappie moes tot my groot teleurstelling uitgestel word, maar nou is dit weer sulke tyd. As alles volgens plan verloop, vertrek ek oor twee weke. Ongelukkig net vir 8 dae, maar ek sal darem seker iets van die pols van die Suide se grootste stad kan voel! 

Sao Paulo

Ek sal tydens my besoek ‘n gas wees van die Fakulteit Sielkunde aan die Universiteit van São Paulo, en benewens gesprekke oor die skep van moontlike navorsingsnetwerke en uitruilprogramme, sal ek ook ‘n paar lesings aanbied oor die historiese verstrengeling van sielkunde, mag en politiek in Suid-Afrika, oor ras en rassisme (die Brasiliaanse nasionale storie verskil, wat die idee van ras betref, op interessante maniere van ons eie), en oor alternatiewe, “Suidelike” benaderings tot die sielkunde hier by ons. Wat die eerste onderwerp betref, het ek hierdie wonderlike aanhaling uit Breyten Breytenbach se The True Confessions of an Albino Terrorist (1984) om die gesprek ordentlik in te lei (ek moet die bloginskrywing darem probeer terugdwing tot digters en die digkuns…):

“He had me go through the gamut of outdated tests, the Rorschach blots and blobs, squiggles and various I.Q. examinations. Naturally I was never informed about any of his deductions. I was the guinea pig. These perverted practitioners of the spurious science of psychology do not have as their first priority to help the prisoner who may be in need of it. They are the lackeys of the system. Their task very clearly is to be the psychological component of the general strategy of unbalancing and disorienting the political prisoner.” (bl. 90)

Sao Paulo

Etlike van die kollegas wat ek daar besoek is betrokke by verskillende gemeenskapsprojekte en ander maatskaplike en politieke inisiatiewe. Ek hoop om iets hiervan te sien. En ek hoop natuurlik om tyd te kry om op my eie rond te loop, kunsgalerye te besoek en goed te eet. En musiek! Benewens allerlei nuwe klanke wat strek van salsa tot rock is die São Paulo Simfonieorkes ook nie te versmaai nie; miskien speel hulle een aand iets wat die moeite werd is om na te gaan luister. Dalk Villa-Lobos.

Enige ander Brasiliaanse voorstelle of aanbevelings vir my?

Desmond Painter. Manuel Bandeira skryf oor Londen

Monday, February 14th, 2011

Sao Paulo

Sao Paulo

Gewonder vanwaar my skielike obsessie met die Brasiliaanse digkuns? Wel, ek is op pad São Paulo toe vir ‘n akademiese besoek. Ek vertrek Dinsdag en sal oor ‘n bietjie meer as ‘n week weer terug wees in Stellenbosch. Baie toeriste verkies natuurlik om São Paulo eerder te vermy, maar dit is een van die wêreld se grootste metropolitaanse gebiede, ‘n stad bekend vir sy naglewe, straatkuns en argitektuur, en ek is nogal opgewonde om iets hiervan te kan ervaar. Die New York van die Suide, wil sommiges beweer. Ek is nie seker of ek sal kan blog terwyl ek daar is nie; maar ek sal in elk geval foto’s en indrukke versamel en later hier kom deel. Vir eers ‘n laaste gedig van Manuel Bandeira — ‘n wonderlike stadsgedig, maar nie oor São Paulo nie:

 

London Elegy – Manuel Bandeira

Ovalle, little brother, tell me
Du sein de Dieu ou tu te reposes
Do you still recall London and her moons?
It’s hard to imagine you here
— London is troppo big —
With your impossible love, your certitudes, gaps
You, Saint of the Red Light District, whore-house sinner
Lost in the early morning, sitting on the kerb
By the brothels, crying
The maps have played tricks on me:
Did you ever feel how Mayfair seems unrelated to the Thames
Did you feel that to be a pedestrian in Oxford Street
You have to like Rimbaud, genius and walker?
Or then a Portuguese
— Like the poet Alberto de Lacerda —
Ovalle little brother, how did you feel
In this sad and huge London
You who were always looking for a bit of Jesus
In everything
How did you look at these houses so exasperately alike
Were you sometime ill, continuously looking
From behind the panes at the lettering across the street?
— RAWPLUG HOUSE, RAWPLUG CO. LTD., RAWLING BROS.
In which bars did you drink the blues
Did you some evening ask the little women
In Picadilly Circus forgiveness
Did you go to the British Museum to look at
The Lapithaean virgin raped by the centaur
Did you take communion by the Infant Jesus of Piero
De la Francesca in the National Gallery?
Were you aware of Dame Edith Sitwell and her
‘Trio for two cats and a trombone’?
Ovalle, little brother, you are today a shiny star
In the high seas
Send to my London anguish a ray of your warm eternity

  •