brief aan breyten (16 September 1939 – 24 November 2024) “iewers raak ’n taal se laaste tonge op, sterwe uit.” – Clinton V. du Plessis die taal se gebalde trots is uit haar moederskoot geskeur en wat nou in die keelgat van tyd se uurglas roggel kan nie meer vasgevang word nie …
Tag: Selwyn Milborrow gedig
Selwyn Milborrow. vir antjie
vir antjie kan my nie indink hoe dit moet wees nie: om die straat waar jy eens gestap het se naam vergeet en jou in ‘n doolhof te vind kan my nie indink hoe dit moet wees nie: om ‘n loaf brood te gaan koop en dan die kleur vergeet en huiwerig…
Selwyn Milborrow. die vrede kom later
die vrede kom later (vir Diana Ferrus*) beroof van die hamer in sy hand en die koestering van sy kroos só moes hy sonder vertroosting tussen skrapnel en tenks soek na skuiling maar sy droom was nie verlore want die vetes van die verlede lê vergete tussen geroeste gewere die…
Selwyn Milborrow. Drie briewe uit die tronk
drie briewe uit die tronk brief een: mams, stemme tussen gister en vandag eggo tussen hierdie mure my enigste innocence is ‘n babafoto teenaan my bors maar moenie huil nie ma – ek’s ge-rehabilitate ek kom binnekort uit! brief twee: babes, ek verlang jou en ons break-ups en make-ups want daai…
Selwyn Milborrow. gedig vir ma
gedig vir ma (vir Eva Milborrow) ma, die lied van jou mond was my klaasvakie toe ek nie kon slaap nie en jou oë verskrikvoëls teen al my nagmerries ma, wat het jy Hom gevra wat my tot vandag nog dra? ma, ek weet jy maak gereed vir ‘n sonsverduistering en…
Selwyn Milborrow. gedicht voor veerle, els, en anne-sophie
gedicht voor veerle, els, en anne-sophie onthoud je nog? weet je nog hoe we samen hand in hand uit de schoolpoort kwamen onafscheidelijke vrienden voor altijd? niet? wacht, ik weet dat je luistert ook al is de verbinding verbroken weet ik dat de pen genadig zal zijn om de keel haar stilte…
Selwyn Milborrow. vir breyten
vir breyten as die digter sterf sal ek skryf ‘n taal se bondeltjie trots is uit sy moederskoot kom haal as die digter sterf sal ek skryf ‘n oerknal het die taal tong en al uit die volk se mond kom haal as die digter sterf sal ek skryf van die…