Bykans alle digters ken daardie gevoel: die louwarm gloed van verleentheid wanneer jy na jou vroegste skryfsels kyk en besef hoe lomp jy met jou skryfwerk omgegaan het; die drif was dalk daar, saam met die ‘fantastiese’ idee, maar helaas, die tegniek om gestalte te gee aan dié idee het toentertyd nog ontbreek … Presies…