Op 15 November 1950 tref ‘n tragedie die Jensma-gesin wanneer die jongste broer, Andries, met wie Wopko Jensma “groot maatjies” was, op tragiese wyse in die Akkerbou-dam by die Grootfontein Landboukollege naby Middelburg in die Oos-Kaap verdrink. Volgens Elana Kitching (2008) van Middelburg het hy “in die Akkerbou-dam, wat op daardie stadium as swembad vir…