(in gesprek met Hannalie en haar rooi/blou diagonalestreep masker) vasbeslote gedagtes sit diep in die kristal van jou oë waar lewe beweeg wynrooi en ligblou braaksel-lyne oor die voordeur van jou gesig waar kinders geheues los torring in die saamheg van wang, na neus, na oogbank tot die gelaat saam in een…
Tag: Sjaka S. Septembir
Hannalie Taute. “Ouderdom het klein spinnekoppies gemaak.”
Eergister ontvang ek ʼn oproep van my peetmoeder. Sy sê dat 35 jaar gelede het my moeder verskriklik gesukkel om aan my geboorte te skenk. Ek is gebore vanuit ʼn see van groen vrugwater. Daar word beweer dat ek benoud geraak het en my maag binne die baarmoeder begin werk het, daarvandaan die ‘groen’ skakering….