skryn deur Emma Bekker. (Protea Boekhuis, 2015, ISBN: 978-1-4853-0477-7, Formaat: Sagteband, 96p.) Resensent: Dr Amanda Lourens Die woord “skryn” is waarskynlik meer bekend in die afgeleide vorm “skrynend” of “skrynerig”, met die betekenis van pynlik of brandend, volgens die HAT. Die werkwoord “skryn” het veral die figuurlike betekenis van “ ’n [b]randende pyn gee of…