Posts Tagged ‘soentjies’

Hannalie Taute. Die padda wil gaan opsit….

Friday, February 14th, 2014

SOETSTEEL SYSOENTJIES – RIKA CILLIERS

Systeel soetsoentjies

Steel sy soet soentjies

Steel soet sy soentjies

Seisoentjies steel soet

(Foto: “Tong uitsteek is soentjies vra” 2014 Hannalie Taute.  Borduurwerk en doillie op binneband/rubber)

 

Vir een of ander rede dink ek aan paddas wanneer ek die woord ‘liefde’ of ‘Valentynsdag’ hoor.

Ek wonder wat sou Freud te se gehad het oor hierdie neiging.

Aangesien dit vandag Valentynsdag is, het ek dit goed gedink om ʼn  inskrywing met ʼn padda tema te doen.

Dus gepraat van paddas en soentjies…dit laat my dink aan sprokies en prinse wat my bring tot by die naam Lancelot; maar nie die ‘Lancelot’ as prins nie,  maar Lancelot Hogben.

Lancelot Hogben lei my weer terug na die ‘African clawed frog’ (Xenopus laevis), wat my gedagtes stuur in die rigting van die eerste swangerskap toetse (indien julle meer wil lees oor die soort toetse kyk hier):

1939 – Hogben (Xenopus): In the Hogben test, a female African clawed toad (Xenopus laevis) is injected with urine (or an extract) into the dorsal lymph sac. The presence of five, six, or more eggs within four to twelve hours indicates pregnancy. A similar test was done using male frogs or male toads. A woman’s urine or serum is injected into the dorsal lymph sac of two male frogs (Rana pipiens) or male toads (Bufo marinus). The presence of spermatozoa in the cloacal fluid of both animals is positive; in one animal, inconclusive; in neither animal, negative. This test is named for the British biologist Lancelot Hogben (1895-1975). Although the Hogben pregnancy test had the advantage of not killing the test animals, it was replaced by immunological methods in the 1960s.

Nou alhoewel Lancelot Hogben ook  ʼn digbundel genaamd “Exiles of the snow and other poems’ geskryf het is hy meer bekend vir sy werk wat te doen het met die Xenopus Laevis.

Terwyl ons op die onderwerp van paddas is, wonder ek wat sommige van jul gaan geniet as Valentyns-ete?  Wat van gestoofde padda?

GESTOOFDE PADDA – G.M.A HAHNEKOM

Ou Vanduin krijg een groot padda in zijn tuin,

Ou Piet Malan het die padda gavang,

Ou Jacob Burger het die padda verwurre,

Daantje van Pa word bang, hij het weg geja.

Maar Ou Jan Bleek

Geef die padda een goeije steek,

En ou Mr. Rood

Slaat hem toen verder dood.

Zoo het hul die arme dier,

Gemoor en geknouw,

En na zijn dood

Nog een groot vergadering gehou.

Maar raai wat zeg ou Mrs. Steijn?

Men kan padda vlijs niet eten, het is onrein.

Maar ou Mr. Kelelrman,

Zeg dat men daarom padda vlijs eten kan.

Raai wat zeg lange Nikker?

Van padda vlijs wordt men al dikker.

Zou het ou Mrs. Kraai een stukje gebraai,

En ou Pieter Hoofd het een stukje gestoof.

En ou Pieter Makort

Krijg meer als de helft op zijn bord.

En ou Auntie Kijt,

Eet te veel toen krijg zij spijt.

  •