Alfred Schnittke en Sofia Gubaidulina is twee van die belangrikste Russiese komponiste van onlangse tye — oftewel, sedert die dood van Dmitri Sjostakovitsj in 1976. Ek het Schnittke (1934-1998) ‘n jaar of wat gelede die eerste keer ontdek, en sedertdien is ek ‘n groot aanhanger van sy werk. Sy concerto vir altviool, sy klavierkwintet en sy eerste klaviersonate tel…