“… it [is] strange indeed that illness has not taken its place with love and battle and jealousy among the prime themes of literature” (Virginia Woolf) Temas van siekte en pyn is reeds in die vroegste mondelinge vertellings teenwoodig. Dink maar aan die Bybelse Job, aan koning Nebukadneser en aan die talle verhale oor die…
Tag: splintervlerk
Gisela Ullyatt. “Brokkelrots van pyn”: die verwonde digter
Foto: Beth Frazer “The body is not mute, but it is inarticulate; it does not use speech, yet it begets it.” Hierdie aanhaling kom uit Arthur W. Frank se The wounded storyteller (1995) wat liggaamlike verwonding en siekte op ’n treffende wyse bespreek en uitlê. Nou die dag word ek genoop om my dokter vir…
Louis Jansen van Vuuren. Paneermeel vir die siel
Verleidelike P-woorde bestaan seker in elke taal en in hierdie geweste is daar twee geliefdes: Parys en Pantoum. Parys verwys natuurlik na die stad van lig (en donker) en Pantoum na iets heeltemal anders in wese as die beminde stad: die half vergete versvorm, die pantoen. Hulle is tog verwant deurdat hulle dieselfde taal…
Onderhoud met Marlise Joubert (Splintervlerk)
Jy het reeds hier die betekenisse van die titel baie goed uitgelig! As toevoeging sou ek ook graag wil noem dat ‘vlerke’ altyd beelde oproep soos ‘n ‘vlug’ of ‘om te vlieg’, en om ‘vry’ te wees, maar vir my het dit om ʼn ander betekenis gegaan, nl. beweging. ‘n Gedig en/of skildery is immers ook “verbeeldingsvlug” wat hier kontrasteer met die onbeweeglikheid van die liggaam. Vir die voël is sy vlerke niks anders as ‘n ledemaat wat hom in staat stel om deur die lug te kan beweeg nie. Vir die mens het dit juis simboliese betekenis, omdat ons ‘vlieg’ ook in verband bring met vryheid. Of ‘vlug’ soos in ontvlugting.
(Klik op die titel om die volledige onderhoud te lees)