Ek het hierdie foto by Liezl Steffens gesteel, uit Oopmond se Facebook-biblioteek. Vir die rekord: Ons het verlede Saterdagaand, 14 Augustus 2010, nog ʼn Oopmond by Steak & Ale in Lyttelton gehou. Dis ‘n poetry slam met ‘n verskil, want die gedigte word op die plek getoonset ook. So ontstaan twee nuwe songs by elke…
Tag: Steak & Ale
Andries Bezuidenhout. Foto’s van “Ek sê, Ziyawa”
Oopmond se Facebook-groep het ʼn paar foto’s van “Ek sê, Ziyawa – It’s happening” se musiek- en gedigteaand in Steak & Ale gelaai. Gaan loer hier. Die rooi skildery agter die verhoog is van James Phillips, ook bekend as Bernoldus Niemand. Dis ʼn eer om musiek te maak terwyl die wyle James Phillips oor ʼn…
Andries Bezuidenhout. Gedigte en musiek op ʼn wintersaand in Juniemaand
0:50 Sondagoggend, 20 Junie 2010. Pas terug van die musiek-gedigte gig by Steak & Ale in Bothalaan, Lyttelton. Wasem voor my mond, so koud is die woonstel. Hopelik skop die verwarmer vinnig in. Die gig is deur Andries de Beer – ook bekend as Abjater Ronkedoor – aanmekaargesit, met hulp van Yabadaka Shamah. Abjater skryf…
Andries Bezuidenhout. Om te roof, of om nie te roof nie
Ek sit met ʼn bietjie van ʼn identiteitskrisis. Is my naam Andries of Roof? Die gerugte blyk toe waar te wees, dat die Brixton Moord & Roof Orkes weer bestaan. Is dit nou die Hervormde Brixton Moord & Roof Orkes? Ek is nie seker nie. Ek weet ook nie mooi hoe die ding gebeur het…
Andries Bezuidenhout. Gedigte en musiek hierdie Saterdag
Die opkomende digter en lid van die band Radio Suid-Afrika, Niel van Deventer, het ʼn program met poësie en musiek saamgestel wat eerskomende Saterdagaand (16 Januarie) by Steak & Ale in Bothalaan, Lyttelton, plaasvind. Die volgende digters en musikante tree op: Andries Bezuidenhout, Rian Malan, Kabous Verwoed, Riku Lätti, John-Henry Opperman, Niel van Deventer, Karlien…
Andries Bezuidenhout. Vanaand se woorde teen die winter
To be a boxer, or not to be there at all. O Muse, where are our teeming crowds? Twelve people in the room, eight seats to spare – it’s time to start this cultural affair. Half came inside because it started raining, the rest are relatives. O Muse. Blykbaar is daar ʼn hele paar tafels…
Andries Bezuidenhout. Woorde teen die winter…
Gautengers, kom tog Donderdagaand, 11 Junie Steak & Ale toe! Ek hou van hierdie kroeg en restaurant in Lyttelton deels omdat dit so ‘n onpretensieuse venue is. Dis in Bothalaan langs ‘n treinspoor. Toe Koos du Plessis nog gelewe het, het hy daar uitgehang, alhoewel die plek toe ‘n ander naam gehad het. Dis in…