Posts Tagged ‘Steve Hofmeyer’

Karlien van der Merwe. Kerslied in die Paastyd.

Sunday, March 21st, 2010

Slaaptydstorie vir ‘n Kerskind

 

Luister. Hoor hoe kraak dit

as die heelal, saam met die ster

op die stal-dak hurk.

                     *

Dit fluister nog in die strate van Nasaret.

En my sluimerstorie is vir vannag net:

Fariseërs wat soos woestynwolwe aanvly teen jou.

Slaap maar met die reuk van vee

wat miswater trap om ‘n muwwe krip.

Op die aandwind kom die geur

van gal en asyn.

                        *

As die engelsang soetvloeiend wegsterf

sal sweepslag sny deur murg en been.

                         *

By besnydenis sal hulle jou

die naam Jesus gee.

Ons volk is arm.

Ons offer daagliks

‘n Duif

‘n Lam.

 

Karlien van der Merwe

Aan al ons versmense: uitnodiging na ‘n glansgeleentheid waarby Mimi Coertse optree.

  •