Ja, ek was stillerig vir ‘n week, maar ongelukkig nie omdat ek in São Paulo was nie. Ek moes my besoek op die laaste nippertjie uitstel (tot September, waarskynlik) en sedertdien is ek so besig (met persoonlike en werksadministrasie, met voorbereiding vir ‘n opkomende module, met nagraadse studente…) dat ek nie by blog kon uitkom nie. Om…