Susan Pike. Six-love
Wednesday, October 20th, 2021
Six-love
Klein Dennis van Middelste Straat
wou niks weet van virus se raad
hy slaan homself kis
aan balle wat mis
maar laat hom tog six-love ompraat.
© Susan Pike, 2021
Posts Tagged ‘Susan Pike gedig’Susan Pike. Six-loveWednesday, October 20th, 2021
Six-love
Klein Dennis van Middelste Straat wou niks weet van virus se raad hy slaan homself kis aan balle wat mis maar laat hom tog six-love ompraat.
© Susan Pike, 2021
Susan Pike. Mondjie gesnoerWednesday, October 20th, 2021
Mondjie gesnoer
Hardhorende Dawie van Schoor wou vroulief in lock down stil toor haar muti gevoer en mondjie gesnoer tog bly sy steeds voor in die koor.
© Susan Pike, 2021
Susan Pike. Klets en swetsWednesday, October 20th, 2021
Klets en swets
‘n Rapper wat woon aan die Rand rym vrolik die land aan die brand hy klets en hy swets so koel byderwets maar lê nou kapot op die strand.
© Susan Pike, 2021
Susan Pike. Frikkie Viljoen se soenWednesday, October 20th, 2021
Frikkie Viljoen se soen
Viljoensrus se Frikkie Viljoen wou Rita se rooi mondjie soen hy mik in sy skik maar skrik dat hy hik haar mond is ‘n masker grasgroen!
© Susan Pike, 2021
Susan Pike. BierplesierWednesday, October 20th, 2021
Bierplesier
Die brawe oom Barry Breda wil glad nie oor covid bly kla ‘n virus wat moor laat hom nie verloor sy pynappelbier sal hom dra.
© Susan Pike, 2021
|