In haar dertigjarige leeftyd het Sylvia Plath (foto), wat op 11 Februarie 1963 gesterf het, net twee van haar eie publikasies onder oë gehad, te wete The Colossus and Other Poems in 1960 en haar roman The Bell Jar kort voor haar dood. Ten spyte van die skrale aanloop is sy teenswoordig nie net…
Tag: Sylvia Plath
Louis Esterhuizen. Ted Hughes se brief aan sy seun, Nicholas
Die webblad Letters of Note is ‘n besonder interessante blad in die mate dat hulle briewe versamel (en publiseer) wat volgens hulle ‘n wyer lesersgroep verdien; trouens, hulle beoog selfs om later vanjaar ‘n boek te publiseer met die vernaamste briewe uit hul versameling van meer as 804 briewe. Die een brief wat egter…
Louis Jansen van Vuuren. Kantlynkernkyk
( met verlof en dank aan Breyten Breytenbach) Paginering van ‘n Aprilpsalter April is ‘n boek met dertig jubbelbloublaaie. Elkeen is genommer en getitel vir die spesiale dag se gang. Op die eerste blad is ‘n vreugdelied opgeteken wat in golwende verse hulde bring aan die natuur se oopmaakeskepades. April is ook ‘n maand van…
Ilze Gertenbach. Die moontlike terapeutiese waarde van skeppende werk
Opsomming Digters verklap met hulle woordgebruik en simboliek wat in hulle onbewuste aangaan. Sielkundiges en taalkundiges het sekere aspekte van digters met depressiewe neigings se taalgebruik nagegaan en sekere patrone gevind wat hiervolgens bespreek word. Die sogenaamde “terapeutiese waarde” van kreatiewe werk word ondersoek aan die hand van ‘n groep uitmuntende kunstenaars. Die slotsom…
Ilze Gertenbach. ‘n Jungiaanse interpretasie van bome …
‘n Jungiaanse interpretasie van bome in die poësie van Sylvia Plath en Karin Boye deur Ilze Gertenbach Ilze Gertenbach het aan die Universiteit van KwaZulu-Natal (PMB) studeer en in 1997 ‘n BA Hons (Afrikaans) voltooi. Daarna het sy by ‘n paar uitgewersmaatskappye gewerk voordat sy besluit het om vryskut-vertaler te word. In…
Danie Marais.’n Ongesonde gemoed huisves ‘n kreatiewe gees?
“Nadat my eerste twee slanke digbundels verskyn het, is ek jou werklik waar in ‘n onderhoud gevra, nie of ek gaan selfmoord pleeg nie, maar wanneer. Tensy jy bereid was om jou lewe te waag – of liewer, daarvan afstand te doen – kon jy nie verwag om ernstig opgeneem te word as vroulike digter…
Andries Bezuidenhout. Die geskiedenis se engel
“Daar is ʼn skildery deur Klee, getiteld Angelus Novus. ʼn Engel in die afbeelding lyk of hy stip oor iets nadink, maar op die punt is om daarvandaan weg te beweeg. Sy oë is gesper, sy mond oop, sy vlerke gespan. Dít is hoe die engel van die geskiedenis moet lyk. Sy aangesig is na…