Die Oosterse digkunste (veral die Chinese en Japannese) is van die oudstes ter wêreld. Daarom is dit geen verbasing dat soveel legendariese digters deur hul letterkundes voortgebring is nie. Die ongeluk is egter dat hulle werk uitsluitlik deur vertaling aan ’n groter gehoor bekendgestel kan word – iets wat vir baie lank agterweë gebly…