Posts Tagged ‘Tarkovsky’

Tarkovsky se silwerdoek-poësie

Monday, April 4th, 2011
Andrei Tarkovsky se Zerkalo, oftewel Mirror (1975)

Andrei Tarkovsky se Zerkalo, oftewel Mirror (1975)

Een van my dosente wat lekker behep is met psigoanalise en films het voorverlede jaar vir my Žižek se The pervert’s guide to cinema aanbeveel. Kyk, Žižek is heel van sy trollie af en spoeg sy woorde uit asof hulle onderdrukte drange is, maar hierdie dokumentêr het my aan ‘n hele paar fantastiese filmregisseurs bekendgestel, onder andere die Rus Andrei Tarkovsky. Ek het dadelik sy film Stalker (1979) in die hande gekry en was heeltemal versot op sy styl. Hy weier om in hierdie kitskostyd van ons sy films vir verorbering te verpak en skroom nie vir ellelange skote waar die kyker gedwing word om die beelde stadig soos gedigte te lees nie. Tarkovsky se films is tereg al dikwels met poësie vergelyk omdat hy dit regkry om die alledaagse met poëtiese volheid te investeer: ‘n Plas gemorste melk op ‘n houtvloer, die lig op ‘n geliefde se gesig, hangende wasgoed wat in die wind dans.

Sy mees eksperimentele film is sekerlik Zerkalo, oftewel Mirror (1975). Ek het hierdie vreemde en fantstiese film weer die afgelope naweek gekyk en alhoewel dit moeilik is om die film te beskryf, is Zerkalo amper iets soos die visuele ekwivalent van ‘n hermeties-epiese gedig (as so iets sin maak). Die film is ‘n droomagtige outobiografie, maar daar is nie werklik sprake van ‘n lineêre storielyn nie: Die film bestaan eerder uit nie-kronologiese episodes uit die regisseur se jeug wat vervleg is met beeldmateriaal van die ou Soviet Unie en die tweede wêreldoorlog. Zerkalo bied weerstand teen enige netjiese interpretasie en vra eerder vir ‘n bereidwilligheid om die beelde oor jou te laat spoel. Tarkovsky is so ‘n bietjie té gemoeid met die transendentale na my smaak, maar nietemin bly hy my gunsteling regisseur wat betref die gebruik van suggestie – hy sê nie vir ons wat hy wil sê nie, maar wys dit.

Oukei, dit klink als goed en wel, maar is Zerkalo nie maar net ‘n pretensieuse “kunsfliek” wat dit al te maklik maak vir die kyker om obskuriteit met diepsinnigheid te verwar nie? Van my vriende het dit ook al saam met my gekyk en dink wel so, maar ander voel, soos ek, dat die film dieselfde effek op hulle gehad het as Eliot se The Wasteland of Stevens se Sunday Morning. Beide hierdie tekste se grootste waarde lê myns insiens in die kragtige beelde wat hulle die een na die ander oproep – so ook met Zerkalo. Die beelde in Zerkalo het ‘n liggaamlike effek op my gehad: Ek het hoendervleis gekry, my hart het vinniger begin klop, en my hande het skielik warm geword. En as my liggaam iets te sê het, dan luister ek.

Tarkovsky se pa, Arseny Tarkovsky, was ‘n befaamde Russiese digter. Sy gedigte is liries en sy laaste reëls tref sekuur. Dit lyk my ‘n voorliefde vir beelde loop in die Tarkovskys se bloed. (Terloops, Arseny word dikwels na verwys as Marina Tsvetaeva se laaste liefde. Hy was Andrei se ma se eerste liefde.) Hieronder volg ‘n vertaling van ‘n vers van Arseny Tarkovsky wat sy seun in Zerkalo gebruik. Die toneel waarin dit voorkom, speel af wanneer die karakter wat die Ma speel, besef hoe onherroeplik alleen sy is noudat haar man (Andrei se pa) haar en haar kinders verlaat het.

First dates
Arseny Tarkovsky

Every moment that we were together
Was a celebration, like epiphany,
In all the world the two of us alone.
You were bolder, lighter than a bird’s wing,
Heady as vertigo you ran downstairs
Two steps at a time, and led me
Through damp lilac, into your domain
On the other side, beyond the mirror.

When night came I was granted favour,
The gates before the altar opened wide
And in the dark our nakedness was radiant
As slowly we reclined. And waking I would say,
“Blessings upon you!”
And knew my benediction was presumptuous:
You slept, the lilac stretched out from the table
To touch your eyelids with a universe of blue,
And you received the touch upon your eyelids
And they were still, and still your hand was warm.

Vibrant rivers lay inside the crystal,
Mountains loomed through smoke and oceans swarmed,
And you held a crystal sphere in your hands,
Seated on a throne you still slept,
And – God in heaven! – you belonged to me.

You awoke and you transfigured
The words that people utter every day,
And speech was filled to overflowing
With ringing power, and the word “you”
Discovered its new purport: it meant “king”.

Ordinary objects were at once transfigured,
Everything – the jug, the basin – when
Placed between us like a sentinel
Stood water, laminary and firm.
We were led, not knowing whither,
Like mirages before us there receded
Cities built by miracle,
Wild mint was laying itself beneath our feet,
Birds travelling by the same route as ourselves,
And in the river fishes swam upstream
And the sky unrolled itself before our eyes

And fate was following in our tracks
Like a madman with a razor in his hand.

© Vertaal deur Kitty Hunter-Blai.

  •