Dimitri Sjostakowitsj se 24 Preludes en Fugas is myns insiens een van die wonderwerke van die 20ste-eeuse klaviermusiek. Dis ‘n epiese kopknip in die rigting van J.S. Bach se Das Wohltemperirte Clavier, maar dis ook ‘n idiosinkratiese, inspirerende weefwerk van allerlei invloede en musikale verwysings: Russies, Joods, modernisties, tradisioneel, jazz, aangebied in ‘n veelheid van stemme…