Posts Tagged ‘Ted Hughes vertaling in Afrikaans’

T.S. Eliot. Vertaling in Afrikaans

Tuesday, January 5th, 2021

 

Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (65)

 

Die Minnesang van J. Alfred Prufrock

T.S. Eliot

 

As ek gedink het dat my antwoord gegee sal word

aan enigeen wat ooit weer na die wêreld sou terugkeer,

sal hierdie vlam botstil gestaan het sonder om verder te beweeg.

Maar aangesien niemand vanuit hierdie afgrond

nog ooit lewend teruggekeer het nie, as wat ek hoor waar is,

antwoord ek jou sonder vrees vir skande.

 

Inferno XXVII, 61 – 66

 

Kom ons gaan dan, ek en jy,

Wanneer die skemer teen die hemel uitsprei

Soos ‘n pasiënt onder eter op ‘n tafel;

Kom ons gaan, deur daardie half-verlate strate,

Die prewelende skuilplekke

Van rustelose nagte in eennag goedkoop hotelle

En saagsel-restaurante met oesterskulpe:

Strate wat volg soos ‘n lastige argument

Met arglistige voornemens

Om jou te lei na ‘n oorweldigende vraag …

O, moenie vra: ‘Wat is dit?’

Kom ons gaan en doen besoek.

 

In die kamer kom en gaan die vroue

En gesels oor Michelangelo.

 

Die geel mis wat sy rug teen die vensterbanke skuur,

Die geel rook wat sy snoet teen die vensterbanke skuur,

Het sy tong in die hoeke van die aand ingelek,

Gehuiwer oor die poele wat in afvoerslote staan,

Die roet wat van skoorstene val op sy rug laat val,

Verby die terras geglip, opeens ‘n sprong gemaak,

En in die aangesig van ‘n sagte Oktobernag,

Om die huis gekrul en aan die slaap geraak.

 

En inderdaad sal daar tyd wees,

Vir die geel rook wat deur die strate gly

En sy rug teen die vensterbanke vryf;

Daar sal tyd wees, daar sal tyd wees

Om ‘n gesig voor te berei om die gesigte te ontmoet wat jy ontmoet;

Daar sal tyd wees om te moor en om te skep,

En tyd vir al die werke en dae van die hande

Wat ‘n vraag oplig en op jou bord laat val;

Tyd vir jou en tyd vir my,

En tyd vir ‘n honderd weifelings,

En vir ‘n honderd sienings en hersienings,

Voor die instel van ‘n heildronk en tee.

 

In die kamer kom en gaan die vroue

En gesels oor Michelangelo.

 

En inderdaad sal daar tyd wees,

Om te wonder: ‘Durf ek?’ en, ‘Durf ek?’

Tyd om terug te draai en met die trap af te daal,

Met ‘n bles kol in die middel van my hare –

(Hulle sal sê: ‘Hoe yl raak sy hare!’)

My oggendjas, my kraag ferm teen my ken,

My stropdas ryk en beskeie, maar bevestig deur ‘n eenvoudige speld –

(Hulle sal sê: ‘Maar hoe dun is sy arms en bene!’)

Durf ek

Die heelal versteur?

Oor ‘n minuut is daar tyd

Vir besluite en hersienings wat ‘n minuut sal omkeer.

 

Want ek ken hulle almal al, ken hulle almal–

Het die aande, oggende, middae geken,

Ek het my lewe met koffielepels uitgemeet;

Ek ken die stemme wat wegsterf met ‘n sterwende herfs

Onder die musiek uit ‘n veraf vertrek.

So, hoe sal ek veronderstel?

 

En ek het die oë al geken, almal geken –

Die oë wat jou in ‘n geformuleerde frase vaspen,

En wanneer ek geformuleer is, uitgestrek op ‘n speld,

Wanneer ek vasgepen en kriewelend teen die muur hang,

Hoe moet ek dan begin

Om al die stompies van my dae en weë uit te spoeg?

En hoe sal ek veronderstel?

 

En ek het die arms al geken, almal geken –

Arms met armbande en wit en kaal

(Maar in die lamplig met ‘n ligbruin dons!)

Is dit parfuum van ‘n rok

Wat my so laat afwyk?

Arms wat op ‘n tafel rus, of om ‘n sjaal gedraai.

En sal ek dan veronderstel?

En hoe moet ek begin?

 

. . . . . . . . . .

 

Sal ek sê, ek het teen skemer deur die nou strate gegaan

En die rook gesien wat uit die pype styg

Van eensame mans in kortmoue, wie uit vensters leun?…

 

Ek moes ‘n paar knoesterige kloue gewees het

Wat oor die beddings van swygende seë skarrel.

 

. . . . . . . . . .

 

En die middag, die aand, slaap so rustig!

Uitgestryk deur slank vingers,

Slapend … moeg … of siekwees feins,

Uitgestrek op die vloer, hier langs jou en my.

Sal ek, na tee en koek en waterys,

Die krag hê om die oomblik tot krisis te bring?

Maar, al het ek geween en gevas, geween en gebid,

Al het ek my kop gesien (reeds effens bles),

op ‘n skinkbord ingedra,

Is ek geen profeet – en hier’s geen groot saak nie;

Ek het die oomblik van my grootsheid sien flikker,

En ek het die ewige Lakei my jas sien vashou, sien

giggel,

En kortom, ek was bang.

 

En sou dit tog die moeite werd gewees het, na alles,

Na die koppies, die marmelade, die tee,

Tussen die porselein, tussen gesprekke oor jou en my,

Sou dit die moeite werd gewees het

Om die saak met ‘n glimlag af te gebyt het,

Om die heelal saam te gebal het

Om dit te rol na ‘n oorweldigende vraag,

Om te sê: ‘Ek is Lasarus, terug van die dood,

Terug om julle alles te vertel, ek sal julle alles vertel’ –

As een, besig om ‘n kussing onder haar kop in te skuif,

Sou sê: ‘Dit is glad nie wat ek bedoel het nie.

Dit is glad nie dit nie.’

 

En sou dit tog die moeite werd gewees het, na alles,

Sou dit die moeite werd gewees het,

Na die sonsondergange en die agterplase en die besprinkelde strate,

Na die romans, na die teekoppies, na die rompe wat oor die vloer sleep –

En dit, en soveel meer? –

Dis onmoontlik om te sê nét wat ek bedoel!

 

Maar asof ‘n towerlamp die senudrade in patrone teen ‘n skerm gooi:

Sou dit die moeite werd gewees het

As een, besig om ‘n kussing reg te skuif of ‘n sjaal af te gooi,

En na die venster te draai, sou sê:

‘Dit is glad nie dit nie,

Dit is glad nie wat ek bedoel het nie.’

 

. . . . . . . . . .

 

Nee! Ek is nie Prins Hamlet nie, ook nie bedoel om te wees nie;

Ek is ‘n lyfbediende, een wat sal deug

Om ‘n vooruitgang te laat gedy, ‘n toneel of twee te begin,

Die prins te adviseer; sonder twyfel ‘n maklike hulpmiddel,

Inskiklik, bly om van hulp te wees,

Taktvol, versigtig en noulettend;

Vol groot woorde, maar ‘n bietjie dom;

Soms, byna lagwekkend –

Soms, byna die Dwaas.

 

Ek word oud … ek word oud …

Ek sal my broekspype onder opgerol dra,

 

Sal ek my hare agter skei? Durf ek ‘n perske eet?

Ek sal wit flenniebroeke dra, en op die strand gaan stap.

Ek het die meerminne vir mekaar hoor sing.

 

Ek dink nie hulle sal vir my sing nie.

 

Ek het hulle seewaarts op die branders sien ry,

En die wit hare van die teruggewaaide branders sien kam

Wanneer die wind die water wit en swart waai.

 

Ons het in die kamers van die see getalm

By see-meisies met kranse van rooi en bruin seewier

Totdat mense-stemme ons wek, en ons verdrink.

 

 

The Love Song of J. Alfred Prufrock

T.S. Eliot

 

S’io credesse che mia risposta fosse

A persona che mai tornasse al mondo,

Questa fiamma staria senza piu scosse.

Ma perciocche giammai di questo fondo

Non torno vivo alcun, s’i’odo il vero,

Senza tema d’infamia ti rispondo.

 

Let us go then, you and I,

When the evening is spread out against the sky

Like a patient etherised upon a table;

Let us go, through certain half-deserted streets,

The muttering retreats

Of restless nights in one-night cheap hotels

And sawdust restaurants with oyster-shells:

Streets that follow like a tedious argument

Of insidious intent

To lead you to an overwhelming question…

Oh, do not ask, “What is it?”

Let us go and make our visit.

 

In the room the women come and go

Talking of Michelangelo.

 

The yellow fog that rubs its back upon the window-panes,

The yellow smoke that rubs its muzzle on the window-panes

Licked its tongue into the corners of the evening,

Lingered upon the pools that stand in drains,

Let fall upon its back the soot that falls from chimneys,

Slipped by the terrace, made a sudden leap,

And seeing that it was a soft October night,

Curled once about the house, and fell asleep.

 

And indeed there will be time

For the yellow smoke that slides along the street,

Rubbing its back upon the window-panes;

There will be time, there will be time

To prepare a face to meet the faces that you meet;

There will be time to murder and create,

And time for all the works and days of hands

That lift and drop a question on your plate;

Time for you and time for me,

And time yet for a hundred indecisions,

And for a hundred visions and revisions,

Before the taking of a toast and tea.

 

In the room the women come and go

Talking of Michelangelo.

 

And indeed there will be time

To wonder, “Do I dare?” and, “Do I dare?”

Time to turn back and descend the stair,

With a bald spot in the middle of my hair—

[They will say: “How his hair is growing thin!”]

My morning coat, my collar mounting firmly to the chin,

My necktie rich and modest, but asserted by a simple pin—

[They will say: “But how his arms and legs are thin!”]

Do I dare

Disturb the universe?

In a minute there is time

For decisions and revisions which a minute will reverse.

 

For I have known them all already, known them all:—

Have known the evenings, mornings, afternoons,

I have measured out my life with coffee spoons;

I know the voices dying with a dying fall

Beneath the music from a farther room.

So how should I presume?

 

And I have known the eyes already, known them all—

The eyes that fix you in a formulated phrase,

And when I am formulated, sprawling on a pin,

When I am pinned and wriggling on the wall,

Then how should I begin

To spit out all the butt-ends of my days and ways?

And how should I presume?

 

And I have known the arms already, known them all—

Arms that are braceleted and white and bare

[But in the lamplight, downed with light brown hair!]

Is it perfume from a dress

That makes me so digress?

Arms that lie along a table, or wrap about a shawl.

And should I then presume?

And how should I begin?

 

. . . . . . . . . .

 

Shall I say, I have gone at dusk through narrow streets

And watched the smoke that rises from the pipes

Of lonely men in shirt-sleeves, leaning out of windows?

 

I should have been a pair of ragged claws

Scuttling across the floors of silent seas.

 

. . . . . . . . . .

 

And the afternoon, the evening, sleeps so peacefully!

Smoothed by long fingers,

Asleep…tired…or it malingers,

Stretched on the floor, here beside you and me.

Should I, after tea and cakes and ices,

Have the strength to force the moment to its crisis?

But though I have wept and fasted, wept and prayed,

Though I have seen my head [grown slightly bald] brought in upon a platter,

I am no prophet—and here’s no great matter;

I have seen the moment of my greatness flicker,

And I have seen the eternal Footman hold my coat, and snicker,

And in short, I was afraid.

 

And would it have been worth it, after all,

After the cups, the marmalade, the tea,

Among the porcelain, among some talk of you and me,

Would it have been worth while,

To have bitten off the matter with a smile,

To have squeezed the universe into a ball

To roll it toward some overwhelming question,

To say: “I am Lazarus, come from the dead,

Come back to tell you all, I shall tell you all”—

If one, settling a pillow by her head,

Should say: “That is not what I meant at all.

That is not it, at all.”

 

And would it have been worth it, after all,

Would it have been worth while,

After the sunsets and the dooryards and the sprinkled streets,

After the novels, after the teacups, after the skirts that trail along the floor—

And this, and so much more?—

It is impossible to say just what I mean!

But as if a magic lantern threw the nerves in patterns on a screen:

Would it have been worth while

If one, settling a pillow or throwing off a shawl,

And turning toward the window, should say:

“That is not it at all,

That is not what I meant, at all.”

 

. . . . . . . . . .

 

No! I am not Prince Hamlet, nor was meant to be;

Am an attendant lord, one that will do

To swell a progress, start a scene or two,

Advise the prince; no doubt, an easy tool,

Deferential, glad to be of use,

Politic, cautious, and meticulous;

Full of high sentence, but a bit obtuse;

At times, indeed, almost ridiculous—

Almost, at times, the Fool.

 

I grow old…I grow old…

I shall wear the bottoms of my trousers rolled.

 

Shall I part my hair behind? Do I dare to eat a peach?

I shall wear white flannel trousers, and walk upon the beach.

I have heard the mermaids singing, each to each.

 

I do not think that they will sing to me.

 

I have seen them riding seaward on the waves

Combing the white hair of the waves blown back

When the wind blows the water white and black.

 

We have lingered in the chambers of the sea

By sea-girls wreathed with seaweed red and brown

Till human voices wake us, and we drown.

 

Bronverwysing:

Eliot, T.S. 1963. Collected Poems (1909 – 1962).

 

 

Ted Hughes. Vertaling in Afrikaans

Monday, January 4th, 2021

 

Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (60)

 

Ted Hughes. Vertaling van Engels in Afrikaans. Vert. deur Johann de Lange.

 

Laaste brief

Ted Hughes

 

Wat het daardie nag gebeur? Jou laaste nag.

Dubbel-, trippelblootstelling

Oor alles. Laatmiddag, Vrydag,

Die laaste keer wat ek jou lewend gesien het.

Jy’t my brief aan jou verbrand, in die asbak,

Met daardie vreemde glimlag. Het ek jou plan in die wiele gery?

Het dit my vroeër verras as wat jy beplan het?

Het ek dit te stiptelik, te haastig beantwoord?

’n Uur later – jy sou weg gewees het

Waar ek jou nie sou kon opspoor nie.

Ek sou weggedraai het van jou geslote rooi deur

Wat niemand sou oopmaak nie

Steeds met jou brief in my hand,

’n weerlig wat sigself nie kon aard nie.

Dit sou elektroskokterapie gewees het

Vir my.

Herhaal oor en oor, die hele naweek,

Elke keer as ek dit gelees het, of daaraan gedink het.

Dit sou my brein omvorm het, en my lewe.

Die behandeling wat jy beplan het, had meer tyd nodig.

Ek kan my nie indink

Hoe ek deur daardie naweek sou gekom het nie.

Ek kan my nie indink nie. Het jy dit als beplan?

 

Jou nota het my te vroeg bereik – dieselfde dag,

Vrydagmiddag, gepos in die oggend.

Die heersende duiwels het dit bespoedig.

Dit was nóg ’n strooitjie van teenspoed

Getrek teen jou deur die Poskantoor

En by jou las gevoeg. Ek het vinnig gestap,

Deur die sneeublou, Februarie, Londense skemer.

Trane van verligting toe jy die deur oopgemaak het.

’n Bondel raaisels half-opgelos. Vroegryp trane

Wat gefaal het om vir my te ontsluit, gefaal het om oor te dra

Wat hulle ware betekenis was. Maar wat het jy gesê

Oor die smeulende brokke van daardie brief

So sorgvuldig vernietig, so kalm,

Wat my jou laat gaan het, en jou gelos het

Om sy asse van jou planne af te blaas – van die asbak af

Waarteen jy sou leun sodat ek kon lees

Wat die dokter se foonnommer is.

My ontsnapping

Het so ’n vervolgde ding geword

Slaaploos, hopeloos, al sy drome uitgeput,

Wat net herower wil wees, net

Wil wegval uit sy eie lugleegte.

Twee dae van niks naloop. Twee gratis dae.

Twee dae in geen kalender, maar gesteel

Van geen wêreld.

Verby realiteit, gevoel, of naam.

 

My liefdeslewe het dit aangegryp. My verdoofde liefdeslewe

Met sy twee waansinnige naalde,

Wat elk sy eie roos borduur, deurboor en pluk

Aan hulle tapisserie, hulle bloederige tatoeëerwerk

Iewers agter my naeltjie,

Trap in daardie moeras van verheerliking,

Twee dol naalde, wat hulle steke kriskras,

En uit my senuweedrade

Hulle kleure kies, my omwerk

Binne my eie vel, en elkeen die ánder omvorm

Met hulle self-karikature,

 

Hulle obsessiewe in en uit. Twee vrouens

Elk met haar naald.

 

Daardie nag

My dellarobbia Susan. Ek het beweeg

Met die omsigtigheid

Van ’n vlam in ’n smeltdraad. My hele furie

Was ’n versaakte poging om die ou aarde

Op te blaas waar skadu’s buig oor

My verraderlike spoor van as. Ek het genael

Van en van, gesig na agter, ’n film in trurat,

Na wat? Ons het Rugbystraat toe gegaan

Waar ek en jy begin het.

Waarom is ons soontoe? Van alle plekke

Waarom is ons soontoe. Verdorwenheid

In die kuns van ons lot

Het sy verfynings vir jou verstel, vir my

En vir Susan. Solitaire

Gespeel deur die Minotaurus van daardie doolhof

Het selfs Helena ingesluit, in die grondvloerwoonstel.

Jy het haar opgemerk – ’n meisie vir ’n storie.

Jy het haar nooit ontmoet. Min het haar ooit ontmoet,

Behalwe bo-oor die ore en rasende masker

Van haar wolfhond. Jy’t nie eens ’n glimp van haar gehad nie.

Jy het net teruggedeins

Toe haar kranksinnige hond sy gewig

Teen haar deur gegooi het, toe ons deur die portaal glip;

En gehoor hoe dit stik aan grenslose Duitse haat.

 

Daardie Sondagaand het sy haar deur effens oopgemaak

Sy paar toegelate sentimeters.

Susan het die swart oë gegroet, die ongelukkige

Oorgewig, aantreklike gesig, wat uitgeloer het

Oor die kettinkie. Die deur het toegegaan.

Ons kon hoor hoe sy haar tronkbewaarder troos

Binne haar sel, sy hok, waar sy, dae later,

Haar verwoede Kapo vergas het, en haarself.

 

Ek en Susan het daardie nag deurgebring

In ons huweliksbed. Ek het dit nie gesien

Sedert ons daarin gelê het op ons troudag nie.

Ek het haar nie na my eie bed gevat nie.

Ek het gemeen, met jou naweek verby,

Kon jy dalk verskyn het – ’n verrassingsbesoek.

Het jy verskyn, om aan my donker venster te klop?

Dus het ek by Susan gebly, weggekruip van jou,

In ons huweliksbed – dieselfde bed waaruit sy

Binne drie jaar verwyder sou word om te sterf

In dieselfde hospitaal waar, binne twaalf ure,

Ek jou dood sou vind.

Maandagoggend

Het ek haar by die werk afgelaai, in die middestad,

En toe my kar noord van Eustonstraat parkeer

En teruggekeer na waar my telefoon gewag het.

 

Wat gebeur het daardie nag, binne jou ure,

Is so onkenbaar asof dit nooit gebeur het nie.

Watter opeenstapeling van jou ganse lewe,

Soos onbewuste inspanning, soos geboorte

Wat beur deur die membraan van elke stadige sekonde

In die volgende in, het gebeur

Net asof dit nie kon gebeur nie.

Asof dit nie besig was om te gebeur nie. Hoe dikwels

Het die telefoon gelui daar in my leë kamer,

Jy wat die gelui hoor in jou gehoorstuk –

Aan beide kante die vervagende herinnering

Van ’n telefoon wat lui, in die brein

Asof alreeds dood. Ek tel

Hoeveel keer jy telefoonhokkie toe gestap het

Aan die onderkant van St George-tuin.

Jy is daar telkens as ek kyk, pas gekoers

Uit Fitzroystraat, oorgesteek

Tussen die opgehoopte walle van vuil suiker.

In jou lang swart jas,

Met jou vlegsel opgedraai agter in jou nek

Loop jy onmagtig om te beweeg, of wakker te skrik, alreeds

Niemand wat stap

Stap met die relings langs onder Primroseheuwel

Na die telefoonhokkie wat nooit bereik kan word nie.

Voor middernag. Na middernag. Weer.

Weer. Weer. En, teen dagbreek, weer.

 

By watter posisie van die wysters op my polshorlosie

Het jou laaste poging,

Alreeds onherroeplik verby

Waar ek dit sou kon hoor, die kussing

Op daardie leë bed geskud? ’n Laaste keer

Ligweg aan my boeke geraak, en my manuskripte?

Toe ek daar aangekom het, was my telefoon aan die slaap.

Die kussing onskuldig. My kamer het geslaap,

Alreeds gevul met die sneeubeligte oggendlig.

Ek het my kaggel aangesteek. Ek het my manuskripte uitgehaal.

En ek het begin skryf toe die telefoon

Wakkergeskrik het, in ’n babbelende paniek,

En alles onthou. Dit het in my hand tot verhaal gekom.

Toe het ’n stem soos ’n gekose wapen

Of ’n uitgemete inspuiting,

Koel sy vier woorde afgevuur

Diep in my oor: “Jou vrou is dood.”

 

Oorpronklike gedig deur Ted Hughes]

 

***

 

Last Letter

Ted Hughes

 

What happened that night? Your final night.

Double, treble exposure

Over everything. Late afternoon, Friday,

My last sight of you alive.

Burning your letter to me, in the ashtray,

With that strange smile. Had I bungled your plan?

Had it surprised me sooner than you purposed?

Had I rushed it back to you too promptly?

One hour later—-you would have been gone

Where I could not have traced you.

I would have turned from your locked red door

That nobody would open

Still holding your letter,

A thunderbolt that could not earth itself.

That would have been electric shock treatment

For me.

Repeated over and over, all weekend,

As often as I read it, or thought of it.

That would have remade my brains, and my life.

The treatment that you planned needed some time.

I cannot imagine

How I would have got through that weekend.

I cannot imagine. Had you plotted it all?

 

Your note reached me too soon—-that same day,

Friday afternoon, posted in the morning.

The prevalent devils expedited it.

That was one more straw of ill-luck

Drawn against you by the Post-Office

And added to your load. I moved fast,

Through the snow-blue, February, London twilight.

Wept with relief when you opened the door.

A huddle of riddles in solution. Precocious tears

That failed to interpret to me, failed to divulge

Their real import. But what did you say

Over the smoking shards of that letter

So carefully annihilated, so calmly,

That let me release you, and leave you

To blow its ashes off your plan—-off the ashtray

Against which you would lean for me to read

The Doctor’s phone-number.

My escape

Had become such a hunted thing

Sleepless, hopeless, all its dreams exhausted,

Only wanting to be recaptured, only

Wanting to drop, out of its vacuum.

Two days of dangling nothing. Two days gratis.

Two days in no calendar, but stolen

From no world,

Beyond actuality, feeling, or name.

 

My love-life grabbed it. My numbed love-life

With its two mad needles,

Embroidering their rose, piercing and tugging

At their tapestry, their bloody tattoo

Somewhere behind my navel,

Treading that morass of emblazon,

Two mad needles, criss-crossing their stitches,

Selecting among my nerves

For their colours, refashioning me

Inside my own skin, each refashioning the other

With their self-caricatures,

 

Their obsessed in and out. Two women

Each with her needle.

 

That night

My dellarobbia Susan. I moved

With the circumspection

Of a flame in a fuse. My whole fury

Was an abandoned effort to blow up

The old globe where shadows bent over

My telltale track of ashes. I raced

From and from, face backwards, a film reversed,

Towards what? We went to Rugby St

Where you and I began.

Why did we go there? Of all places

Why did we go there? Perversity

In the artistry of our fate

Adjusted its refinements for you, for me

And for Susan. Solitaire

Played by the Minotaur of that maze

Even included Helen, in the ground-floor flat.

You had noted her—-a girl for a story.

You never met her. Few ever met her,

Except across the ears and raving mask

Of her Alsatian. You had not even glimpsed her.

You had only recoiled

When her demented animal crashed its weight

Against her door, as we slipped through the hallway;

And heard it choking on infinite German hatred.

 

That Sunday night she eased her door open

Its few permitted inches.

Susan greeted the black eyes, the unhappy

Overweight, lovely face, that peeped out

Across the little chain. The door closed.

We heard her consoling her jailor

Inside her cell, its kennel, where, days later,

She gassed her ferocious kupo, and herself.

 

Susan and I spent that night

In our wedding bed. I had not seen it

Since we lay there on our wedding day.

I did not take her back to my own bed.

It had occurred to me, your weekend over,

You might appear—-a surprise visitation.

Did you appear, to tap at my dark window?

So I stayed with Susan, hiding from you,

In our own wedding bed—-the same from which

Within three years she would be taken to die

In that same hospital where, within twelve hours,

I would find you dead.

Monday morning

I drove her to work, in the City,

Then parked my van North of Euston Road

And returned to where my telephone waited.

 

What happened that night, inside your hours,

Is as unknown as if it never happened.

What accumulation of your whole life,

Like effort unconscious, like birth

Pushing through the membrane of each slow second

Into the next, happened

Only as if it could not happen,

As if it was not happening. How often

Did the phone ring there in my empty room,

You hearing the ring in your receiver—-

At both ends the fading memory

Of a telephone ringing, in a brain

As if already dead. I count

How often you walked to the phone-booth

At the bottom of St George’s terrace.

You are there whenever I look, just turning

Out of Fitzroy Road, crossing over

Between the heaped up banks of dirty sugar.

In your long black coat,

With your plait coiled up at the back of your hair

You walk unable to move, or wake, and are

Already nobody walking

Walking by the railings under Primrose Hill

Towards the phone booth that can never be reached.

Before midnight. After midnight. Again.

Again. Again. And, near dawn, again.

 

At what position of the hands on my watch-face

Did your last attempt,

Already deeply past

My being able to hear it, shake the pillow

Of that empty bed? A last time

Lightly touch at my books, and my papers?

By the time I got there my phone was asleep.

The pillow innocent. My room slept,

Already filled with the snowlit morning light.

I lit my fire. I had got out my papers.

And I had started to write when the telephone

Jerked awake, in a jabbering alarm,

Remembering everything. It recovered in my hand.

Then a voice like a selected weapon

Or a measured injection,

Coolly delivered its four words

Deep into my ear: ‘Your wife is dead.’

 

 

 

Ted Hughes. Vertaling in Afrikaans

Saturday, December 5th, 2020

 

Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (40)

 

Ted Hughes. Vertaling van Engels in Afrikaans. Vert. deur Waldemar Gouws.

 

Die engel

 (Met apologie aan Ted Hughes)

 

 

In my droom het ek iets rampspoedigs gesien.

 

Die volmaan het kom neerstort op Agulhas.

Kalkbleek Agulhas het in fosfor gekook.

Agulhas was ‘n krater aan die uitbars.

 

Die vlamme het gelyk of hulle sukkel. Toe het ‘n dagende gloed

rysend uitgelig gekom en boontoe gewriemel –

en dit was ‘n malgas so groot soos ‘n stad!

 

Veels te swaar vir die lug het dit al beurende na my toe aangekom,

laag oor die strandveld by Struisbaai.

 

En dit was nie ‘n malgas nie.

 

Dit was ‘n engel gemaak uit rokende skuim.

Haar lang rok het om haar enkels gewapper,

haar kaal voete net-net bo die veld onder haar

wat gegloei het soos die nagwolk oor Kaapstad.

 

Ma, het ek uitgeroep, Ma tog, daar is ‘n engel –

is ons geseënd? Toe het my ma se antwoord

daardie skoonheid skielik in verskrikking verander.

Ek het gekyk of die engel nie dowwer sou word en onmoontlik gaan wees nie.

 

Maar die enorme skoonheid wou nie uitdoof nie.

Sy was in brandende metaal gegiet. Haar stralekrans

was ‘n enigmatiese vierkantige karos

waarvan die soomfraiings golwend aan die beweeg was soos ‘n tongvis.

 

Ek het nie geweet wat daardie vreemde hooftooisel beteken nie.

 

Totdat hierdie ontsaglike voorbode, met strak vlerke,

uit my oog verdwyn het, Swellendam se kant toe,

onder die veld weggesak, en my donkerte leeg gelaat het.

 

Toe ek ‘n volgende keer daardie vreemde vierkantige karos sien

het ek my hand uitgesteek en daaraan geraak.

 

Toe ek ‘n volgende keer staan waar ek in my droom gestaan het

was daardie woorde van my ma,

verbind met die bodem en gegraveer in klip,

onder my voete.

 

***

 

The Angel

 Ted Hughes

 

In my dream I saw something disastrous.

 

The full moon had crashed on to Halifax.

Black Halifax boiled in phosphorus.

Halifax was an erupting crater.

 

The flames seemed to labour. Then a tolling glare

Heaved itself out and writhed upwards –

And it was a swan the size of a city!

 

Far too heavy for the air, it pounded towards me,

Low over Hathershelf.

 

And it was no swan.

 

It was an angel made of smoking snow,

Her long dress fluttered about her ankles,

Her bare feet just cleared the moor beneath her

Which glowed like the night-cloud over Sheffield.

 

Mother, I cried, O Mother, there is an angel –

Is it a blessing? Then my mother’s answer

Turned that beauty suddenly to terror.

I watched for the angel to fade and be impossible.

 

But the huge beauty would not fade.

She was cast in burning metal. Her halo

Was an enigmatic square of satin

Rippling its fringed edges like a flounder.

 

I could make no sense of that strange head-dress.

 

Till this immense omen, with wings rigid,

Sank out of my sight, behind Stoodley,

Under the moor, and left my darkness empty.

 

When next I saw that strange square of satin

I reached out and touched it.

 

When next I stood where I stood in my dream

Those words of my mother,

Joined with earth and engraved in rock,

Were under my feet.

 

Bronverwysing:

Hughes, Ted. (1979) 2011. Remains of Elmet. London: Faber and Faber (pp.67-68).