Posts Tagged ‘Terry Eagleton’

Desmond Painter. ‘n Ballade van die Afrikaanse letterkunde?

Wednesday, December 5th, 2012

Daar is waarskynlik nie ‘n voorgraadse letterkundestudent in die wêreld wat nie op een of ander stadium ʼn boek of artikel van Terry Eagleton lees en/of plagiariseer nie. Hy het daardie rare vermoë om komplekse teoretiese idees en strominge, soos die fenomenologie en die dekonstruksie, maklik te laat klink. En dan is hy nog ʼn Marxis ook – een van die weiniges wat dit nie in die 1990s skaamkwaad probeer ontken het, net om nou, ná 9/11, ná 2008, skielik weer te besef daar was toe tóg iets buitekant die teks nie! Adieu, Derrida… Maar wag, ek dwaal af. Eagleton het ʼn speelse gedig oor die Engelse letterkunde geskryf, en ek wonder altyd hoe ʼn soortgelyke Afrikaanse gedig sou klink? Die kompetisiemoontlikheide is legio. Eendag is daar dalk nog ʼn nismark vir Afrikaanse satire in Sjina. Laat ons groot droom!

*

The Ballad of English Literature – Terry Eagleton

(Gesing op die wysie van Land of Hope and Glory)

Chaucer was a class traitor
Shakespeare hated the mob
Donne sold out a bit later
Sidney was a nob

Marlowe was an elitist
Ben Johnson was much the same
Bunyan was a defeatist
Dryden played the game

There’s a sniff of reaction
About Alexander Pope
Sam Johnson was a Tory
And Walter Scott a dope

Coleridge was a right winger
Keats was lower middle class
Wordsworth was a cringer
But William Blake was a gas

Dickens was a reformist
Tennyson was a blue
Disraeli was mostly pissed
And nothing that Trollope said was true

Willy Yeats was a fascist
So were Eliot and Pound
Lawrence was a sexist
Virginia Woolf was unsound

There are only three names
To be plucked from this dismal set
Milton Blake and Shelley
Will smash the ruling class yet

Milton Blake and Shelley
Will smash the ruling class yet.

 

Andries Bezuidenhout. Die jaar 1999, eindes en beginne

Tuesday, August 3rd, 2010

1999 is die laaste jaar van die vorige millennium. Die Euro kom tot stand as Europa se nuwe geldeenheid en Hugo Chavez word as Venezuela se president verkies. Gunter Grass wen die Nobelprys vir letterkunde. Daar’s oorlog in Suid-Oos Europa en Thabo Mbeki word Suid-Afrika se president. Allan Boesak word tronk toe gestuur en Edwin Cameron kondig aan dat hy HIV-positief is. Julius Nyerere sterf in Oktober. J.M. Coetzee publiseer Disgrace en Ronelda Kamfer skryf matriek. Gerrit Komrij publiseer sy bloemlesing Die Afrikaanse poësie in ‘n duisend en enkele gedigte.

In 1999 spandeer ek baie tyd by myne in Carletonville, waar ek navorsing vir die National Union of Mineworkers (NUM) doen. Ek dink gereeld aan André Letoit se lied “Swart Transvaal”, waarin hy sing van “ideale” wat “val soos Carletonville…” Ek neem aan hy verwys na die sinkgate, wat ontstaan omdat myne al die grondwater uitpomp.

Op 12 Desember sterf Joseph Heller. Ek teken portrette van Etienne Leroux by Haroldsbaai, waar ons ʼn woonstelletjie huur. Die woonstel is aan ʼn eenvoudige kerkgebou vas. Ons slaap met die venster oop. Die see is reg voor ons. Ons dink nie aan Y2K nie.

Ek lees op die oomblik Terry Eagleton se boek How to read a poem (Blackwell, 2008). Sy definisie vir ʼn gedig: “A poem is a fictional, verbally inventive moral statement in which it is the author, rather than the printer or word processor, who decides where the lines should end.” Ek lees die boek na aanleiding van ʼn gesprek gister, in Stellenbosch, oor vorm en inhoud en die spanning tussen die twee.

Oujaar 1999 moes ons reeds terug gewees het in Johannesburg. Ek onthou ʼn partytjie in Pretoria, teen Muckleneuk se heuwel. ʼn Uitsig oor die Uniegeboue. Ek maak klankkassette vir die geleentheid: Meestal dansmusiek, maar met grepe uit D.F. Malan se “Afrikaner quo vadis” toespraak (“Afrikaner, quo vadis, waar gaan jy heen?”), die liedjie “Daan Desimaal” (wat oor die radio gespeel is toe Suid-Afrika die metriekestelsel in 1960 geïmplementeer het), en ʼn radio-onderhoud met Mev. Ameels, die eienares van die hotel op Laingsburg, wat vertel van die vloed destyds in die 1980s.

Eagleton skryf oor hoe “ondervinding” gekommodifiseer word tot “‘n ondervinding” – iets wat jy verbruik. Elders in die boek skryf hy:

“There is a politics of form as well as a politics of content. Form is not a distraction from history but a mode of access to it. A major crisis in artistic form – let’s say the shift from realism to modernism in the late nineteenth and early twentieth centuries – is almost always bound up with an historical upheaval. In this case, the upheaval in question was the period of economic and political turmoil which culminated in the First World War. This is not to claim that modernism was no more than a symptom of something else. But a deep enough crisis of cultural form is usually an historical crisis as well.”

Ek dink weer oor die reaksie destyds op Gert Vlok Nel se digbundel om te lewe is onnatuurlik. Dis merkwaardig tot hoe ʼn mate resensente op vorm gekonsentreer het, meer so as inhoud. Charl-Pierre Naudé se Die nomadiese oomblik word in dieselfde tyd gepubliseer. Hy werk met die sonnet as vorm, maar buig en breek dit. Ek dink ek sal moet teruggaan en kyk hoe resensente dit evalueer het. Gegewe Eagleton se stelling oor vorm en historiese krisis (seker “oorgang” ook), kan dit dalk insiggewend wees en kan ons dalk ook huidige struwelinge oor vorm beter verstaan.

Weer Oujaar 1999. Twee vriende snuif kokaïen in die badkamer en vra mekaar om te trou. Hulle val in die roosbedding. Ons trek soos figure uit die twintigste eeu aan. Irma is Koningin Victoria, Karien is Che Guevara, Wessel is Lenin, en ek is Albert Einstein. Op 1 Januarie 2000 sukkel ek om die koeke uit my hare te kry, omdat Irma dit getease het om soos Einstein s’n regop te staan.

  •