Vandag, presies dertig jaar gelede, op 8 Desember 1980, is John Lennon voor sy woonplek in New York doodgeskiet. Hy was maar veertig jaar oud, so jonk nog eintlik, maar as ‘n lid van The Beatles was sy musikale en kulturele status op daardie stadium lankal reeds in glinsterende goud gegiet. Hy kon tien jaar tevore al gesterf het, toe The…