Posts Tagged ‘The National’

Andries Bezuidenhout. I still owe money to the money to the money I owe…

Thursday, December 1st, 2011

Goeie lyn uit “Bloodbuzz Ohio”, in tye van stakings teen die afwatering van pensioene. The National is een van die bands waaraan Danie Marais my bekendgestel het. Hulle kom van Cincinnati, Ohio, maar woon nou in New York. Hul lirieke is soms obskuur. Musikaal is daar ʼn strek invloed deur Steve Reich en vroeë post-punk. Padma Newsome, ʼn eksperimentele vioolvirtuoos, help soms uit met verwerkings. Die Guardian het vandag ʼn lewendige opname van “Booldbuzz Ohio” op hulle web gesit om na te kyk en te luister. Dis in 2010 in ʼn klein kapelletjie in ʼn dorp genaamd Dingle opgeneem. Luister hier na die ateljeeopname van die album High Violet.

Uittreksels uit die liriek:

Stand up straight at the foot of your love
I lift my shirt up

I’ll rest my eyes till the fever’s outta me
I’ll rest my eyes to the rivers in the sea

Lay my head on the hood of your car
I’ll take it too far

I was carried to Ohio in a swarm of bees
I’ll never marry but Ohio don’t remember me

I still owe money to the money to the money I owe
I never thought about love when I thought about home

I’m on a blood buzz
Yes I am
I’m on a blood buzz
I’m on a blood buzz
God I am
I’m on a blood buzz

Andries Bezuidenhout. Bloodbuzz Ohio

Monday, April 4th, 2011

Ek sukkel om op te hou luister na The National se CD “High Violet”. In die kar se shuttle draai ook hulle vorige plaat – “Boxer”. Die band word beskryf as “post-punk revival”. Dis seker akkuraat. Soms wens ek die radiostasies in Suid-Afrika het interessante musiek gespeel. Dankie tog vir die internet. Binnekort gaan mense in hulle karre op die web kan gaan en na regte Amerikaanse radiostasies luister. Dan hoef ons nie na die keuses van die wannabe Suid-Afrikaanse radiostasies, met DJ’s wat eerder in Amerika wou wees, te luister nie. Daar’s ʼn Amerika wat goeie musiek maak, gelukkig. The real thing. ‘n Mens vind dit egter nie op die radio in Suid-Afrika nie. Binnekort gaan Suid-Afrikaanse radiostasies baie jammer wees dat hulle nie plaaslike musiek ondersteun het toe hulle nog kon nie.

Hier’s ‘n video wat The National vir “Bloodbuzz Ohio” gemaak het. Dit kom van “High Violet” af. “I still owe money to the money to the money I owe…”

Gaan luister ook gerus na “Daughters of the Soho Riots”.

Desmond Painter. Conversation 16

Monday, April 4th, 2011
High Violet

High Violet

Ek het al vantevore op hierdie blog geskryf oor The National se High Violet, myns insiens een van die groot rock albums van die afgelope klompie jare. Wat individuele liedjies betref, is dit maar moeilik om gunstelinge uit te sonder: dit is ‘n soort eenheidsalbum, ‘n liedsiklus, ‘n hedendaagse Winterreise; en verder was bykans elke enkele snit al op ‘n stadium uitgesonder vir ‘repeat play’ op my kar se CD-speler…

Ek het wel spesifiek groot bewondering vir die groep se volwasse, komplekse liedjies oor verhoudings; en wat dit betref is ‘Conversation 16’ beslis een van my gustelinge — ‘n liedjie waarna ek weer en weer kan luister. Nou sien ek The National het ‘n amptelike musiekvideo vir Conversation 16 laat maak, ‘n professionele gedoente, kompleet met bekende Hollywood akteurs in die ‘rolverdeling’… 

Dis ‘n heel kreatiewe video, maar die visuele verhaal wat daarin vertel word pas nie vir my by die toonaard en die emosionele nuanses van die liedjie nie. Ten minste, dit pas nie by wat ‘Conversation 16’ by my oproep nie. Miskien is dit maar net omdat ek my eie ‘video’ vir die liedjie in my kop het; iets donderker, dreigender, hartseerder; maar ook iets meer alledaags en gelate. Die voorstede, nie die Wit Huis nie; Stellenbosch, nie Washington nie. ‘Conversation 16’ is vir my ‘n liedjie waarna ‘n mens laatnag alleen in jou kar luister. Die enigste beelde wat dit nodig het: die liggies wat op die dashboard gloei; die laaste voorstedelike huise wat verbyskuif; en dan, in die voorruit se raam, die donker N1 uit die stad uit. Kyk maar self hier na die die video; en hier is die lirieke sommer ook:

 

Conversation 16

I think the kids are in trouble
Do not know what all the troubles are for
Give them ice for their fevers
You’re the only thing I ever want anymore
Live on coffee and flowers
Try not to worry what the weather will be
I figured out what we’re missing
I tell you miserable things after you are asleep

Now we’ll leave the silver city ’cause all the silver girls
Gave us black dreams
Leave the silver city ’cause all the silver girls
Everything means everything

It’s a Hollywood summer
You never believe the shitty thoughts I think
Meet our friends out for dinner
When I said what I said I didn’t mean anything
We belong in a movie
Try to hold it together ’til our friends are gone
We should swim in a fountain
Do not want to disappoint anyone

Now we’ll leave the silver city ’cause all the silver girls
Gave us black dreams
Leave the silver city to all the silver girls
Everything means everything

I was afraid, I’d eat your brains
I was afraid, I’d eat your brains
‘Cause I’m evil
‘Cause I’m evil

I’m a confident liar
Had my head in the oven so you’d know where I’ll be
I’ll try to be more romantic
I want to believe in everything you believe
I was less than amazing
Do not know what all the troubles are for
Fall asleep in your branches
You’re the only thing I ever want anymore

Now we’ll leave the silver city ’cause all the silver girls
Gave us black dreams
Leave the silver city to all the silver girls
Everything means everything

I was afraid, I’d eat your brains
I was afraid, I’d eat your brains
‘Cause I’m evil
‘Cause I’m evil
‘Cause I’m evil

Desmond Painter. Steve Reich, The National, en die verhouding tussen klassieke musiek en rock

Thursday, February 24th, 2011

Ja, ek was stillerig vir ‘n week, maar ongelukkig nie omdat ek in São Paulo was nie. Ek moes my besoek op die laaste nippertjie uitstel (tot September, waarskynlik) en sedertdien is ek so besig (met persoonlike en werksadministrasie, met voorbereiding vir ‘n opkomende module, met nagraadse studente…) dat ek nie by blog kon uitkom nie. Om die waarheid te sê, ek kom nie eers by lees uit nie. Ek proe-proe so aan Kundera se jongste essaybundel, Encounter, maar ek vorder maar stadig met die roman langs my bed — en met akademiese leeswerk gaan dit nog swaarder. Kom ons sê maar dis die hitte… 

Bryce Dessner

Bryce Dessner

Op musiekfront het dinge darem heelwat beter gegaan. Ek luister soos gewoonlik onverpoos na alles en nog wat. En ons het hoeka baie lanklaas musiek gesels op hierdie webblad. My album van die jaar 2010 in die kategorie: rock was beslis The National se High Violet. En in die kategorie: klassiek? Dis ‘n moeiliker een; en ek wil amper sê: The National se High Violet! Dit is ook nie so verregaande nie. Ek het vantevore al opgemerk dat The National se voorstuwende, polsende perkussie my aan Steve Reich se musiek herinner. Hierdie week vind ek uit The National beskou Reich inderdaad as ‘n direkte invloed. Volgens hulle kitaarspeler, Bryce Dessner: “Our drummer Bryan Devendorf, and my brother Aaron and I are huge fans of Steve Reich. And I think the way he uses pulsing rhythms and layered textures in this piece [hy verwys hier na Reich se ‘Music for 18 musicians’ – DP] has been an influence on us.”
Steve Reich

Steve Reich

 

Die bewondering is klaarblyklik wedersyds. In ‘n onderhoud met Reich in die jongste Gramophone sê hierdie 75-jarige Amerikaanse komponis dat die ou grense tussen klassieke en rock musiek (en musikante) vir hom al hoe minder betekenis het; en noem hy The National dan as ‘n spesifieke voorbeeld van ‘n rockgroep wat ook ‘n aanvoeling vir kontemporêre klassieke idiome het. En dit bly nie by praat nie: The National se Bryce Dessner het verlede jaar elektriese kitaar gespeel op ‘n opname van een van Reich se jongste komposisies — ‘n stuk “klassieke” musiek, 2 x 5, wat hy vir ‘n rock-ensemble geskryf het.

En dan is einste Dessner self natuurlik ook ‘n klassiek-opgeleide kitaarspeler en komponis. Hy het, in ‘n soort parallelle loopbaan, al etlike klassieke komposisies vir kontemporêre ensembles gekomponeer: vir die New York Guitar Festival in 2006 byvoorbeeld “Memorial”, vir kitaar, altviool en perkussie. Hy het selfs al ‘n opdragwerk, “Aheym (Homeward)”, vir die bekende Kronos Quartet gelewer… In die vroeë twintigste eeu het groot modernistiese komponiste soos Bartok en Stravinski hulle deur volksmusiek en jazz laat beïnvloed; waarom sou dit nou anders wees met rock?