In aansluiting by Donderdag 14 Oktober se Nuuswekker, ‘Springgety vir Britse digters’, wil ek verder gaan met my reeks oor hedendaagse, veral ‘postkoloniale’ Britse digters. Met ‘postkoloniaal’ bedoel ek Britse digters wat vanuit voormalige kolonies afkomstig is; maar ook Britse digters wat in hulle werk reageer op ‘postkoloniale’ temas soos immigrasie, multikulturaliteit en die herverbeelding van Engelse en…