L’Albatros The poet is like the prince of clouds Who haunts the tempest and laughs at the archer. – Charles Baudelaire Niks is só dofvaal as die psige se eenselwigheid oor en weer, die afwesigheid van skerende wind onder ʼn vergestrekte vlerk. Hang vir my ʼn horison oop met drawydte…
Tag: Theresa Postma gedig
Theresa Postma. It is well with my soul
It is well with my soul na ʼn gesang geskryf deur Horatio Spafford vir Jaco Postma 11/08/1966-18/12/2020 Vandag is dit jou sterftediens, Oukersdag. 24 Desember. Geen klokke, geen kantate, geen Kerssang. Hoe vreemd voel alles nie die kapeldeure, massaal en lomp die houtbalke spitsvormig na bo die gesigte agter maskerlap, die droewige oë…
Theresa Postma. Langsamer Satz
Langsamer Satz na ʼn komposisie vir strykkwartet deur Anton von Webern Stadig stadigaan spoel idille landskap oor ons. Soos kamermusiek. ʼn Pad wat krinkel langs boekenhout-en bakbos verby, sweemsels lig, hakiesdoring teen die luglyn op, kerende ritme in elke maat. Bo spitse stulp maan en ster terwyl voordag verskiet tussen tortels verlore aan…
Theresa Postma. Rooigety
Rooigety Hoogwater het die eb gespoel tot teen die vasteland. Rooi soos gerwe kelpgras. Rooi soos die wriemelende krewe wat hyg na asem. Jy hoor die weerbarstige wind, die branders en krassende tobies, swart geëts in vlug. Jy sien hoe die sand die dood vashou gapermossels, garnale, perlemoen, ʼn seisoen van verlies. Jy…
Theresa Postma. Stiltes
Stiltes Hoe stil kon dit raak onder die wildevy gestrek oor die begin tot einde met wewerneste wat ‘n hemel hang as jou gedagtes verstrengel soos ranke, en nie woorde word… Onthou jy hoe ons ure kón praat? Ons had ‘n innigheid vir taal wat vloei, passie vir die skryfkuns gemeen. Jou…
