Posts Tagged ‘Thomas Deacon gedig vir Breyten’

Thomas Deacon. vir breyten

Monday, November 1st, 2021

 

vir breyten

(uit namakwaland)

 

hoor hoe koer jou rooiborsduif

van bokbaaivyg, hongerblom en kinkelbos

kruidjie-roer-my-nie

peperbos en perdebos, wilde gnaap

en witgatboom

veldskoenblaar en kammiesbos

hasiekos en bosduifgras

en van perdebos wat teen die rant

geelster uit sy lyf laat los

want waar jóú rooibosduif kom land

koer hy woorde op die punt

van onse woordenstong

laat selfs die bitterbos en kankerbos

ons dans en oopbek sing

 

© Thomas Deacon, 2021