na jare van swerf tussen beton en staal en glas en roet maak ek weer die plaashek oop en stap verby die kweperlaning en vyebome wat hangtak soos vervloektes langs die leidam staan ek slaan my oë op na die plaasopstal waar sal my hulp vandaan kom my hulp lê in ou-drome van…
Tag: Thomas Deacon gedig
Thomas Deacon. sakson se tyd
sakson se tyd sit die rooi- vlerk hoenderhaan op sy slaapstok en kraai die dag oor gatsrante weg pa maak die skaapkraal toe en steek sy pyp op hy mikstap moeglyf huis se kant toe waar ma deur die venster loer en sien hoe sy pyprook skifsel-wolkies soos fyn- fyn kantgordyntjies bokant sy…
Thomas Deacon. Ingeperk
Korona-gedigte ingeperk [in gesprek met Breyten Breytenbach] dis so plesierig as jy hoed laat waai – en tout á toi – jy die ingeperkte hermiet – dagsê vir die dag : soos koeloe-koeloe bont kalkoen se roep net voor kamele, druk-druk boggelrug knipoog deur die naald wil beur [o die bitter seer]…
Thomas Deacon. wanneer jy geleer het
wanneer jy geleer het om op die wind te wieg en om jou gedagtes soos wingerdblaartjies deur die eter te laat vlieg is jy vry om woorde soos spikkels in die lug te strooi met die verwagting dat dit na baie dae sal terugkeer as verse op ‘n gedekte nagmaalstafel waar brood en wyn…
Thomas Deacon. Wensdenkery
wensdenkery om die son soos ‘n soetlemoen af te skil en die skywe soos nektar uit te suig Is tog wensdenkery want soos ‘n rooi papawer hang hy aan sy hemeltak maar tog verlep hý die rooi papawer nooit en as hy malse pitjies oor woestyne skiet gryp selfs palmbome vlesige vingers na…
Thomas Deacon. Ingeperk
ingeperk die ou man op die stoep van die bordienghuis probeer met knoetserige vingers probeer met knoetsige hande oor die bontbegrysde hare van die ou vrou streel en verpulpte borste begin soos rose stekelrig te rank : doringprikkies groei oor die ou man se hande maar die lyf bly toktokkie : sonder lyf…
Thomas Deacon. vars brood en botter
vars brood en botter vir homeros die ou vrou met die haakneus maak die veiligheidsgordel van haar besem vas en vlieg deur die kombuisvenster óór die straat, déúr die park tot by homeros die griek se bakkery waar sy digterlik baklei oor ‘n tekort aan botter en brood maar kin-in-die-hand dig hy: bokkie…
N.P. van Wyk Louw 50. Thomas Deacon
’n Elegiese vers met N.P. van Wyk Louw in die baai lê die water stil en glad maar rondom oor houtbaai en kampsbaai en seepunt spuug die branders skuim wat in die wit sand stol in die baai het die wind gaan lê water blink en glad soos ’n spieël daar stap…