Posts Tagged ‘Toast Coetzer’
Monday, March 17th, 2014
Ek is nie seker hoe “spoken word” in Afrikaans vertaal word nie. Baie daarvan moet eerder gesproke bly en nooit opgeneem of opgeskryf word nie. Daar is egter uitsonderings. Soos Walkie Talkie, ʼn projek van Toast Coetzer, Jaco van der Merwe (van Bittereinder-faam) en HemelBesem. Hulle het vandag ʼn nuwe track vrygestel, een waarvan die musiek deur Warrick Sony (onthou mense nog die Kalahari Surfers – een van daardie groepe wat destyds deur die apartheidsensors met verbanning bekroon is?) gemaak is. Gaan luister gerus hier daarna – “Noname Feniks”.
Hier’s uittreksels uit die liriek, eers Toast, dan Jaco, dan HemelBesem:
die nag was donker
en die wêreld hel
en net die eensame
nat naelstringsnaar
speel die diep bas
van die bromvoël
soos die son opkom
op die hoek van
christiaan de wet
en beyers naude
in honeydew, johannesburg
op die eerste junie
waar iemand afkom
op die lyk van ’n pasgebore baba
’n dogtertjie
toegedraai in ’n lap
binne in ’n plastieksak
en toe
aan die brand gesteek
[…]
Noname, ek onthou jou, so hard dat ek jy word –
jy sit in my klaskamer en ek bloei op die witbord
jou ouma val jou aan en gooi jou met kookwater
’n sangoma draai jou kaal in ’n kombers toe en bliksem jou met ’n knopkierie
om die bose geeste te verdryf, terwyl jou ouers kyk, en geld uithaal
jou pa gee klas by die universiteit en word opgesluit na hy jou ma in die publiek slaan
[…]
Ek onthou nie veel nie, maar ek onthou die ashoop.
Die toekoms was ʼn plastiek sak waarmee jy my wou vasknoop
Die trane van ʼn baba wat saam op die ritme van die aarde se as loop.
Tot by “Wat as?” …. kyk nou hoe ek op ‘As’ Hoop.
Tyd is ʼn roofvoël. Ek sien tyd in my groot oë. Tyd in my siel.
Daar’s ʼn vol gesig met ʼn leë staar as ek kyk in ʼn spieël
Die aarde draai, soms die wind ook, maar wanneer dan die wiel?
Ek knoop my das met die hoop dat als my skurf bedek.
Nie onhigiënies nie, maar vuil woorde verwurg my nek.
[…]
Monday, August 5th, 2013
Met uitpeul oë en verwondering beskou hierdie viswyf die wêreld deur die kuberruimte en staar uit oor die stille waters. Waar sal haar opwinding vandaan kom? Deesdae bestaan haar opwinding uit die vangs van blaasoppies by die hawemuur saam met haar gesin.
Nie dat sy kla nie!
By die hawe sit sy en dink oor alles wat sy lees en moontlik misloop:
 “Specimen” 2013 deur Walter Oltmann. Ink, bleikmiddel en olie op papier
Onlangs was daar ʼn uitstalling van Walter Oltmann by die Goodman Gallery in Johannesburg.
Sy sou haar linker vin wou gee om dit in lewende lywe te sien.
Oppikoppi vind ook een van die dae plaas. Miskien sal sy van haar skubbe kan prysgee om daar te wees?
By Oppikoppi word ‘ons Klyntji’ versprei.
 Die Afrikaanse “zine”: Ons Klyntji
Die gesprek (sien hier ) tussen haar en Sjaka kan tussen die bladsye gevind word.
Die Openbookfest vind plaas in September, maar meer hieroor in n volgende insetsel.
Vandag het n vriendin vir haar van die Soiree vertel. Wat n opwindende projek. Toni Stuart, Toast Coetzer, en Nathan Trantaal, saam in een sitkamer klink gesellig. Daarvoor sal sy n visoog afstaan met die hoop dat dit werk, net die idée maak haar opgewonde. Die stelling van “you have to know someone who knows someone” op die webwerf, mag dalk problematies wees, maar deesdae ken almal mos vir almal of hoe?
“lizards” Deur Toast Coetzer
through the city we walk like ghosts
in the absences of one another
without shadow or sound
our memories and thoughts
occupied elsewhere
bridled by friends and work
and traffic and the news
and a cloud in the sky
or a wave holding its pose
but when we face each other for a moment
when the surprise slices us open
and all the things we know
run out of our eyes
and back into the other’s lungs
like the air from a long locked-up library
then we retreat into our crevices
like lizards
and the sun slips across dust
and we realise we have lost
the use of our hands
and that our tongues
have been dissolved
by all the silence
all the stone
Thursday, January 31st, 2013

The Buckfever Underground se derde plaat Verkeerdevlei is nou al ʼn rukkie beskikbaar, maar nie in die CNA nie. Buckfever se woorde word deur Toast Coetzer geskryf, ʼn Oos-Kapenaar wat as digter en liriekskrywer ewe tuis in Engels as Afrikaans is. Vroeër vandag het hulle ʼn nuwe video vir een van Verkeerdevlei se tracks op YouTube gelaai – “Flight to Joburg”. Gaan luister & kyk gerus hier en lees meer oor Verkeerdevlei en Buckfever se ander plate hier.
Monday, October 15th, 2012
En daar spring Andries Bezuidenhout my voor! Net toe ek klaar geskryf het aan my verslaggie en dit wou plaas, sien ek sy lekker fotobeeld (https://versindaba.co.za/2012/10/15/andries-bezuidenhout-melville-poesiefees-fotobeeld/) van die fees. Laat ek dus liewer net aansluit by sy beelde.
Die gees was daar, Vrydag was die strate nat, die wolke donker en ons was bevrees dat dit meer Woodstock as Melville gaan wees. Maar toe Hennie Meyer Saterdagoggend nege-uur die mieliepitte begin pak op die tennisbaan, was dit droog – soos vere.
Die duiwe het dalk nou al die hele gedig opgepik, ek weet nie.
Ek het baie sessies bygewoon, Afrikaans en Engels, voorlees en performance, stigtelik en dansend – oral het ek iets interessant gehoor. Op die sypaadjies is vriendskappe gesmee of sommer hervat of losweg teen die vensters uitgeasem om drywend daar te wag tot volgende keer, volgende jaar.
Bekende, minder bekende en heeltemal onbekende digters het gemaklik skouers geskuur en in gemengde groepe voorgelees. Daar was ook twee Oopmond bekgevegte, waar ek Toast Coetzer en Danie Marais sien kragte meet het.
Doodmoeg het ons Sondagmiddag om en by halfses klaargemaak. Daar was digters van Kaapstad en Durban, kruis en dwars het hulle gekom, gewapen met bundels en CD’s. Bontspul, was ons. Heeeerlik!
Ongelukkig het ek die twee belangrike paneelbesprekings nie kon bywoon nie, ek het egter straatpraatjies gehoor wat die “lojale verset”-onderwerp voortsit. Die digter as “sexual shapeshifter” is net-net buite my gehoorveld ernstig bespreek oor snye pizza, oor bottels water. Kuier-kuier die aand in. Nouja, volgende jaar maak ons weer so.
Monday, October 17th, 2011
Dis nie met groot fanfare afgekondig nie. Die fees se baniere het ʼn underground kwaliteit gehad – dit is nie dwars oor strate opgehang nie, maar tussen die pilare van Melville se 1930s-geboue. Die Facebook-bladsy is eers ʼn week of wat voor die fees opgesit, die program selfs later. Maar nuwe bundels is die wêreld ingestuur (een van Gail Dendy), gesprekke is gevoer (een oor die nalatenskap van Wopko Jensma), gedigte is in binnehowe en restaurante voorgelees, weefwerk tussen beeldende kuns en woordkuns is teen mure opgehang (deur Hans Pienaar en Charl-Pierre Naudé), musiek is in teaters opgevoer, ʼn imbongi het van Melville se dakke af geroep (darem deur luidsprekers, spookagtig in die kalklig), gedigte is sommer op straathoeke voorgelees – enigiemand kon kom luister.
Ek wil nie veel hier sê nie, laat die foto’s eerder praat. Ek wil egter twee punte maak, oor wat die fees vir my besonders gemaak het:
Eerstens, die intieme skaal en aard van die voorlesings. Daar was twee geleenthede vir Afrikaanse gedigte – die een in ʼn restaurant se binnehof (“Melon Courtyard”) en die ander in ʼn aardige kroeg/restaurant (“Love & Revolution”). Daar was nie mikrofone en luidsprekers nie. Hans Pienaar het elke digter op sy rustige manier voorgestel en dan het mense sommer opgestaan waar hulle sit en hul gedigte voorgelees. In Love & Revolution het ek sommer op die vloer gesit, dalk die beste plek in tye van liefdeloosheid en revolusies wat skeef loop. Die spanning tussen van die digters het die geleentheid ʼn vreemde tipe energie gegee.
Tweedens, die ware Johannesburgstyl. Dit was ʼn Suid-Afrikaanse fees, waarin Afrikaans ook verteenwoordig was, as een van baie tale. Op ʼn persoonlike noot was dit vir my lekker om my musiek aan mense te kon voorstel wat nie andersins daarna sou luister nie. Ek het gepraat oor Voëlvry se verbintenis met Johannesburg en die vertoning met Kerkorrel se “Gee jou hart vir Hillbrow” afgeskop; dinge van daar af verder geneem. Al kon sommige van die mense in die gehoor – waarskynlik die meerderheid – nie Afrikaans verstaan nie, was die ontvangs tegemoetkomend en het ek welkom gevoel.
 Gee jou gedigte vir Hillbrow...
 Banier tussen pilare
 Gedigte op straathoeke
 Christo van Staden, ook bekend as Johannes van Jerusalem
 Corné Coetzee lees voor, Hans Pienaar luister
 Toast Coetzer lees: "Die Here is my herderspastei..."
 Loftus Marais lees, Harry Kalmer heel links
 Charl-Pierre Naude lees, Johann Lodewyk Marais in die gehoor
 Rene Bohnen lees
 En Cornel Judels
 Heidi Papadopoulos
 Johann Lodewyk Marais, oor Livingstone en Lamu
Tags: Charl-Pierre Naudé, Christo van Staden, Corné Coetzee, Cornel Judels, Hans Pienaar, Heidi Papadopoulos, Johann Lodewyk Marais, Loftus Marais, Melville Poetry Festival, Rene Bohnen, Toast Coetzer Posted in Binneblik, Blogs | 8 Kommentare »
Add this post to Del.icio.us - Digg
Monday, September 12th, 2011

En net daarom plaas ek ʼn ou Toast-liriek, van The Buckfever Underground se plaat Survival is Personal. Die liriek se naam is “teen maandag is ons dood”:
met verbysterende vaart snel die seisoene deur die senterpaar van skoonheid en skoon jagsheid by die kroeg waar almal so half vooroor leun om of iemand se cleavage te check, of die barman se aandag te probeer kry of bloot net om te kots tussen die kakhuis en die klein sirkels van jou vriende (geheg in die nag, aanvegbaar in die dag) wat die hekke vir jou oopmaak, die lyne vir jou trek, die bloed so skaam-skaam druk uit die hoeke van jou verstarde oë.
want deur die weke soek ons na woensdae, gewond maar gelukkig, getrek maar dapper. en teen vrydag soek ons saterdag en teen sondag soek ons sportkanale en warm maaltye, want teen maandag, teen maandag is ons dood.
en dis soos ‘n ou flou flat sikloon dat ek weer hier staan, gemaak gemaklik geleun teen die trappe, nonchalant selfs, met my tiere onderwater, my hare onder ‘n sambreel, my hart fyngekou en weggebêre tussen my kiestande en ander vastelande. want ek’t niks hier te bewys nie, net drank om te drink, smalltalk om te eggo en te herhaal en weer en weer te sê. cool. what’s up. sure.
ja, ons soek na woensdae, gewond maar gelukkig, getrek maar dapper. en teen vrydag soek ons saterdag en teen sondag soek ons sportkanale en warm maaltye, want teen maandag, teen maandag is ons dood.
kyk, daar kom nou iemand. sal ons haar van bra-strap tot oulikgeid bespreek en bestreel, sal ons haar hare soos ‘n timotei ad sien wapper in die vroegdag, watervalle reg langs jou bed, kondoom-bedekte bankrowers met budgets vir duur shooters en cheap frills en deur die kak pick-up lines. ons kry tog waarvoor ons vra. of hoe?
maar deur die weke soek ons na woensdae, gewond maar gelukkig, getrek maar dapper. en teen vrydag soek ons saterdag en teen saterdag soek ons sondag en teen sondag soek ons sportkanale en warm maaltye, want teen maandag, teen maandag is ons dood.
iemand kom in en bars deur die donker vistenk waarin ons sit en iemand rol ‘n joint vol ou kak dagga en die kers in die middel voel vasgehalter tussen al die bottels en niks en wil-wil brandsteek, kwaaddoen, roosblom en ontplof maar sover as wat ek kan sien is daar niks, niks wat nog ‘n vrydag nie net nog ‘n vrydag gaan los nie.
ja, want deur die weke soek ons na woensdae, gewond maar gelukkig, getrek maar dapper. en teen vrydag soek ons saterdag en teen sondag soek ons sportkanale en warm maaltye, want teen maandag, teen maandag is ons dood (maar gelukkig).
ja ons soek na woensdae. getrek maar dapper. lusteloos. teen vrydag, krieket op die tv. teen sondag, gekookte maaltye. en candice hillebrand se boobs. weer eens. ag fok. want teen maandag is die stasies op, luister, dis nie oor trein nie, hoor. iemand kom in en bars deur die donker vistenk. getrek maar dapper, verlore maar nie weg nie.
Gaan luister hier na The Buckfever Underground se musiek.
Thursday, June 9th, 2011

Ek het al ʼn slag of wat vantevore hier oor die Unhappy Hour geskryf (“The Unhappy Hour, where you can cry if you want to…”) – ʼn left field program wat Sondagaande op Bush Radio uitgesaai word, van 18:00 tot 20:00. Vriende en kollegas in die Kolonie kan dit op die lug luister – op 89.5. Mense wat nie anderkant die Hexriviervallei bly nie, kan dit wel op die web hoor – dit stream hier. Sondagaand is Toast Coetzer en Erns Grundling se beurt.
Dankie tog hiervoor, in tye van generiese musiek, generiese nuus, generiese opinies en generiese siektes.
Thursday, February 10th, 2011
Hierdie inisiatief is na die voorbeeld van Brian Brodeur se hoogs suksesvolle weblog “How a poem happens“. Hiervolgens word op ‘n bepaalde gedig gefokus aan die hand van ‘n aantal standaardvrae aan die digter ten opsigte van die ontstaan van die betrokke vers. Ons glo dat gevestigde sowel as aspirant digters dié aaneenstring van digter en gedig leersaam (en hopelik inspirerend) sal vind.
 Digstring
Opgedateer tot en met 4 Oktober 2019 – Redaksie
Inhoud
A-B
Andries Bezuidenhout. Taxi-rit ná die aand. Mei 2010
Andries Bezuidenhout. “Veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelle” . Nov. 2014
Zandra Bezuidenhout. Moderne Psalm. Mei 2010
Emma Bekker. Nagvangs. Mei 2016
Nini Bennett. Da Capo. April 2016
René Bohnen. Brief aan Ebba. Mei 2012
Fourie Botha. My eerste Bybel. Augustus 2011
Aniel Botha. Rooikappie en die wolf. Mei 2012
Hendrik J. Botha. Breindood. April 2016
C, D, E
TT Cloete. Swerwende verse
Toast Coetzer. geluk
Marius Crous. Die ander man
Hans du Plessis .“Josef”
Heilna du Plooy du Plooy. “Ouhoutfluit”
Anne-Ghrett Erasmus. Skilder
Sydda Essop. Ek lewe in stilswye
Louis Esterhuizen. Melopee
F, G
Gilbert Gibson. Another roadside attraction
Melanie Grobler. Die Eerste Vrees Is Hier.
H, I, J
Joan Hambidge. “The drama of being a child”
Joan Hambidge. In die skadu van Machu Picchu. Mei 2010
Joan Hambidge. Parys
Daniel Hugo. Ontnugterde digter. Junie 2010
Pieter Hugo. Honde
Louis Jansen van Vuuren. “Passasie”
Marlise Joubert. waarskuwings. Mei 2010
K, L
Ronelda Kamfer. Stof. Junie 2010
Annie Klopper. ‘n Deurnagbraai in Oranjezicht
Martine Klopper. Kwatryn
Antjie Krog. Vier seisoenale waarnemings van Tafelberg/Winter. Mei 2010
Willem Krog. “Vir pa” Nov. 2014
Karen Kuhn. Taalles. Mei 2012
Kobus Lombard. Kameeldoring
M, N
Jannie Malan. “Watermerk” Nov. 2014
Johann Lodewyk Marais. Richard E. Leakey
Lucie Möller. Kortstondige kalligrafie
Melt Myburgh. Toeval
Charl-Pierre Naudé. Twee diewe. Mei 2010
Charl-Pierre Naudé : “Eergister en môre, met visse” Nov. 2014
Fransi Nieuwoudt. ” ‘n ontstaan “. Febr. 2017
Hennie Nortjé. Ons Land. Okt 2019
O, P, Q
Pieter Odendaal. die eerste steen.
Johannes Prins. Man diesel
R, S
Andries Samuel. All god’s children took their toll
Alfred Schaffer. “Droomstart” Nov. 2014
Bibi Slippers. “En route: Suid Afrika”
Bibi Slippers. Yskas. Nov. 2017
Susan Smith. “By die soetdoring” . Febr. 2017
Hilda Smits. “Vir Primo Levi”
Carina Stander. Lima
Marius Swart. liefdes-e-pos. Mei 2010
T, U
Etienne Terblanche. Vir die Golden Gate-weduwee
V, W
Marlene van Niekerk. Poets van ons vaderland unite
Ilse van Staden. Fluistering
Ilse van Staden. Dertien kraaie. Febr. 2017
Jacobus van der Riet. Die Heilige Nikolai van Japan. April 2016
De Waal Venter. Die wetenskaplike en die fee. Okt. 2017
De Waal Venter. Die res is net seëlversameling, Okt, 2019
Cas Vos. Kersrook
Cas Vos. Uitkyk. Mei 2012
Cas Vos. Vaar-wel
Jelleke Wierenga. Reënboognasie: Fear dot com
Tags: Andries Bezuidenhout, Carina Stander, Cas Vos., Charl-Pierre Naudé, De Waal Venter, Digstring, emma bekker, Fourie Botha, Fransi Nieuwoudt, Gilbert Gibson, Hendrik J Botha, Hennie Nortjé, Ilse van Staden, Jacobus van der Riet, Jelleke Wierenga, Joan Hambidge, Johann Lodewyk Marais, Johannes Prins, Kobus Lombard, Louis Esterhuizen, Lucie Möller, Marius Crous, Marius Swart, Marlene van Niekerk, marlise joubert, Martina Klopper, Melanie Grobler, Melt Myburgh, Pieter Hugo, Ronelda Kamfer, Susan Smith, Sydda Essop, Toast Coetzer, TT Cloete, Zandra Bezuidenhout Posted in Indekse | Comments Off on Digstring indeks
Add this post to Del.icio.us - Digg
|
|