Ek het vir vyf jaar lank elke tweede week ʼn rubriek vir die Sondagkoerant Rapport geskryf. Daardie tyd is nou verby – dankie tog! – want dis straf om elke tweede week aan iets oorspronkliks te moet dink. Jou kop is konstant daarmee besig. Dis tóg ʼn goeie dissipline, veral die sweep van ʼn streng…