Tom Gouws. Vertaling in Engels
Wednesday, December 30th, 2020
Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (56)
Tom Gouws. Vertaling van Afrikaans in Engels. Vert. deur Marieta McGrath.
Apple of the eye
I’m a cave that goes around,
a bunch of creatures to me bound,
unaware of all that’s found
in my heart and kidney, throat and nose,
muscle, tissue, Lord, my toes!
intimately harbour fungus. unbeknownst,
bloodsucking creatures feed on me,
the female mosquito and the flea
and all this, Lord, I hope you see,
I could endure, even
viruses and worms, clandestine
parasites in the intestine,
but I vehemently object
to mites behind my eyelids having sex,
unseen, before my eyes, without respect.
you trust these relatives of snakes
and scorpions to never forsake
their watch on me, while they make
egg upon egg like apples, true to your laws
to fill the earth. two days later everything crawls
with larvae and empty cocoons.
embarrassed, it dawns
on me how God lets my trifles lie,
my faith and transformation so infantile,
purely because he endures me in the apple of his eye.
***
Oogappel
Tom Gouws
onwetend dra ek ʼn grot vol diere
in en op my rond. in my hart en niere,
in my neus en keel, weefsel, spiere,
my tande en skaamhaar, Here so knus
intiem huisves ek salig onbewus
amebes en kolonies fungus.
oningelig val ek ten prooi
van die bloedsuier en die vlooi.
dit alles Here, verstaan my mooi,
sou ek kon verduur, selfs miskien
virusse, ingewandewurms, klandestiene
parasiete wat ek nie kan sien
nie; maar ek maak ten sterkste beswaar
teen die myte wat U in my ooglede bewaar
en sowaar onsienlik voor my oë laat paar.
die familie van slang en skerpioen vertrou
U om my onbeskaamd in die oog te hou.
hulle lê lustig eiers soos appels, getrou
aan u gebod om te vermenigvuldig. twee
dae later wemel dit van larwes en leë
kokonne.
met dit alles skrik ek my verleë
toe ek insien hoe God my beuselagtighede doog,
die kleinsieligheid van my transformasie, my geloof,
bloot omdat Hy my verduur in die appel van sy oog.
Bronverwysing:
Brink, André P. (Samesteller). Groot Verseboek. 2008. Kaapstad: Tafelberg (pp. 1076-1077)