Posts Tagged ‘Tomas Tranströmer’

De Waal Venter. Die woord styg op

Tuesday, January 25th, 2022

Verskeie definisies van “die woord” is al geformuleer. Byvoorbeeld: dat dit dié deel is tussen die morfeem en ’n sintaktiese frase. Of dat dit die kleinste betekenisvolle linguistiese eenheid is wat selfstandig gebruik kan word. Daar is egter al jare nie sekerheid oor die definisie van “die woord” nie. Bazell1 skryf in 1958 dat daar geen ander item is waaroor daar minder ooreenstemming is nie. Dit blyk dat ‘n universele definisie van ‘n woord dus tans nie moontlik is nie.

’n Artikel in Wikipedia som dit só op:

 

“’n Riglyn van wat ’n prototipe van ‘n woord is, kan só geformuleer word:
‘n Woord is ‘n (relatief) stabiele, promiskue (kan met ander woorde verbind) fonologiese struktuur wat integriteit het en wat met ‘n (relatief) stabiele semantiese struktuur geassosieer word. ‘n Woord is ook semanties en fonologies onafhanklik.”

 

Hier het ons nou ’n uiters skraal taalkundige bespreking van “die woord” en ons sit met die gevolgtrekking dat daar nie ’n alomvattende en finale definisie van “die woord” bestaan nie. Hierdie feit skrik geen digter af nie – woorde is trouens die “boumateriaal” waarmee die gedig geskep word. Elke digter het waarskynlik ’n effens ander begrip van hierdie boumateriaal waarmee hy of sy werk. Kom ons kyk hoe verskillende digters in verskillende tale die woord benader.

 

Octavio Paz

 

Hoe werk digters met die woord?

Eerstens, Octavio Paz (1914 – 1998). Hy was ’n Meksikaanse digter wat in 1990 ’n Nobelprys vir sy poësie ontvang het. Hy word beskou as een van die heel belangrikste digters wat in Spaans geskryf het in die twintigste eeu, en hy het ’n groot invloed gehad op Suid-Amerikaanse digters sowel as ander digters in die wêreld.

Saúl Yurkievich (La Plata, 1931— Caumont-sur-Durance, 2005) was ‘n Argentynse literêre kritikus, vertaler en digter wat ‘n intense akademiese lewe in Frankryk en die Verenigde State gelei het. In sy essay “Octavio Paz, ondersoeker van die woord”2 het hy onder andere die volgende gesê oor Paz se benadering tot die woord: “Die woord is ’n weerspieëling van weerspieëlings, ’n beeltenis, skuim; dit kan nie die wêreld beskryf nie, dit verwoord slegs die tydelike wese van die digter, die menslike toestand; dit is ’n teken van ’n wese wat lewe, nie spraak nie, maar suiwer handeling.”

Hier is Paz se gedig, “Die gesproke woord”.

 

La palabra dicha

 Octavio Paz

 

La palabra se levanta

de la página scrita.

La palabra,

labrada estalactita,

frabada columna,

una a una letra a letra.

El eco se congela

en la página pétrea.

 

Die gesproke woord

 

Die woord styg op

uit die geskrewe bladsy.

Die woord,

gevorm soos ’n stalaktiet,

gekerfde pilaar

een letter na die ander.

’n Eggo verhard

op die verklipte bladsy.

 

’n Siel,

wit soos die bladsy,

die woord styg op.

Dit loop

op ’n draad gespan

tussen stilte en ’n gil,

oor die rand

van streng spraak.

Die oor: ’n nes

of labirint vir klank.

 

Wat gesê word sê nie

wat dit sê nie: hoe kan mens sê

wat dit nie sê nie?

            Sê

miskien is die maagd dierlik.

 

’n Gil

in ’n dooie krater:

hoe sê mens ataraksie

in ’n ander sterrestelsel?

 

Dit sê wat dit sê

direk en onderstebo.

Bedenklike denke

orent ment:

krematorium is ’n seminarium,

’n saad is nie ’n daad nie.

 

Labirint van die oor,

wat jy sê word ongesê

vanaf stilte tot die gil

nie gehoor nie.

 

Met die eienskap van wetenskap:

om te praat en leer om stil te bly.

 

Hier lees mens van ’n hele stortvloed van beskrywings van die begrip “woord”: gekerfde pilaar, ’n verharde eggo, ’n gil in ’n dooie krater. Mens kry onwillekeurig die gevoel van ’n soort magteloosheid van die digter – hy bied een na die ander treffende beskrywing van die woord, maar dit is asof nie een hom heeltemal bevredig nie. Aan die einde van die gedig verwys hy na ’n eienskap van die wetenskap: “om stil te bly”. Met ander woorde, as jy iets (soos die woord) nie bevredigend kan omskryf nie, moet jy liewer niks sê nie.

As mens dink aan Saúl Yurkievich se opmerking, “Die woord is ’n weerspieëling van weerspieëlings” besef jy dat die pogings om die woord te beskryf, juis in woorde aangepak word. Die woord moet homself beskryf, en dit lyk of daar nie genoeg objektiwiteit in die woord geleë is om hierin te slaag nie.

In Breyten Breytenbach se “gedig vir woorde” wat op 27 Julie 2018 op Versindaba verskyn het, beskryf hy nie woorde soos Paz in sy gedig nie. Hier het die digter te doen met die handeling van woorde, hulle dinamiek en uitwerking. Die digter “soek nie na woorde nie” want “hulle lê agter my bloed”. Dit lyk of die digter wil aandui dat woorde ’n oer-uiting is wat diep uit die wese van die mens ontstaan: “agter my bloed”.

Dan weer jaag die woorde “sillabes op in die donker”. Nou sien die digter nie net die woorde raak nie, maar ook die dele van woorde – sillabes. Dit is asof mens eers die menslike liggaam bewonder en dan meteens besef dat hierdie funksionerende liggaamsgeheel bestaan uit kleiner en kleiner onderdele – organe, senuwees, selle.

 

Uit Versindaba 27 Julie 2018:

gedig vir woorde

Breyten Breytenbach

 

dis nie dat ek na julle wat woorde is soek

(sê wié van wanneer ?)

want ek weet julle lê eweneens

agter my bloed kom klop

aan die sinnelose hart wat al lank

‘n eggokamer van vlerkslae is

en jaag soms sillabes op in die donker

soos die ettering van ou swere

weer bloei

 

luister

moenie blindemol speel

moenie ophou voel-voel na omlyning

van die herinnerde gesig

in die donker bloed nie

 

ek sal hier wees soos altyd

(effens vervloek van n té lang reis)

in die leë gedig

om verby genade die holtes oop te hou

en die fees van vlervoëls weer verbeel

vir julle huis toe kom

 

en indien dit dan moet wees

dat ons ons afwesighede aanneem

is dit ook goed

sweer ek hier met my hand op papier

 

kyk

in die skryflaai van raaisels

is die goëlaar se handkaart gebore

en weggebêre

(myne ? van wanneer af ?)

 

neem dit

sodat julle die beweging

na mag maak

om aan die skyn

van volbringing te raak

 

Pablo Neruda

 

Pablo Neruda, die Chileense Nobelpryswenner, se begrip van die woord is ook besonder diep gevestig in die organiese, die liggaam en bloed van die mens. Sy gedig “Die woord” (La palabra) kom uit Plenos poderes, 1962 (Volle kragte). Hy sien die woord as “gebore in bloed, gegroei in die donker liggaam”.

 

La palabra

Pablo Neruda

 

Nacio

la palabra en la sangre,

creció en el cuerpo oscuro, palpitando,

y voló con los labios y la boca.

 

Die woord

Dit is gebore

die woord, in bloed,

gegroei in die donker liggaam, polsend,

en uitgevlieg deur die lippe en mond.

 

Verder en nader

steeds, steeds het dit gekom

van gestorwe vader en van swerwende volke,

van lande gemaak van klip,

wat moeg was van hulle ellendige trekvolk,

want wanneer pyn die pad vat

het die volk geloop en aangekom

en nuwe wêreld en water het verenig

om hulle woord opnuut te saai.

En daarom is die erfenis dit:

dit is die lug wat ons verbind

met die gestorwe man en met die oggend

van nuwe wesens wat nog nie ontwaak het nie.

 

Nog steeds sidder die atmosfeer

met die eerste woord

gevorm

in paniek en gekreun.

Dit het opgestyg

uit die skadu’s

en tot nou  is daar geen donderslae

maar tog donder die ysterklank

van daardie woord,

die eerste

woord wat gepraat is:

miskien was dit net ‘n sug, ‘n druppel

en tog val en val sy kaskade.

 

Toe vul sinvolheid die woord.

Dit was swanger en gevul met lewens.

Dit was alles geboortes en krete:

bevestiging, helderheid, krag,

ontkenning, vernietiging, dood:

die werkwoord het al daardie magte verwerf

en het bestaan met essensie verenig

in die elektrisiteit van haar prag.

 

Mens-woord, lettergreep, heup

van groot lig en duursame silwerware,

oorgeërfde beker wat die kommunikasie

van bloed ontvang:

hier is dit waar stilte saamgesmelt is

met die volledige menslike woord

en om nie te praat nie is om te sterf tussen wesens:

taal ontspring uit menshare,

die mond praat sonder dat die lippe beweeg:

die oë is skielik woorde.

 

Ek vang die woord en steek dit oor

asof dit net menslike vorm is,

sy lyne boei my en ek vaar

deur elke resonansie van taal:

ek praat en ek is en ek kom nader sonder taal

aan die einde van die woorde die stilte.

 

Ek drink aan die woord, en lig

‘n woord of ‘n kristalglas

daarin drink ek

die wyn van taal

of die oneindige waters,

moederbron van woorde,

en glas en water en wyn

gee oorsprong aan my lied

want die werkwoord is die oorsprong

en dit vloei lewend: dit is bloed,

dit is die bloed wat sy wese uitsê

en so gereed is om uit te groei:

dit gee kristal aan kristal, bloed aan bloed,

en dit gee lewe aan lewe, die woorde.

 

Neruda benader die woord uit ’n hele reeks hoeke in hierdie gedig. Nie alleen het dit in “die donker liggaam” ontstaan nie, hy besin ook oor “die eerste woord” wat “gevorm is uit paniek” en wat die “atmosfeer laat sidder”. Hy wonder of die eerste woord wat gepraat is net ’n “sug, ’n druppel” was en dan sien hy die woord as “’n kristalglas” waaruit hy “die wyn van die taal drink”.

Daar is nie vir Neruda sprake van ’n finale en onveranderlike definisie van die woord nie. Vir hom is dit ’n reeks ervaringe, beelde en emosies, die grondstof van sy poësie.

 

Tomas Tranströmer

 

In skerp teenstelling met Neruda se tropiese, swoel beeldspraak en stromende emosionaliteit, is Tomas Tranströmer (Nobelpryswenner 1990) se gedig gestroop tot op die been. Elke woord in sy twee “formules” pas presies op sy plek en is onvervangbaar.

 

Vinterns formler

 Tomas Tranströmer

 

Jag somnade i min säng

och vaknade under kölen     

 

 

Winter se formules   

 

I

Ek het aan die slaap geraak in my bed

en wakker geword onder die kiel.

 

Om vieruur in die oggend

wanneer die lewe se skoongeskraapte bene

koulik  met mekaar gesels.

 

Ek het aan die slaap geraak tussen swaels

en wakker geword tussen arende.

 

II

In die lamplig

glinster die ys op die pad

soos spek.

 

Dit is nie Afrika nie

dit is nie Europa nie

dit is nêrens anders as hier nie.

 

En dit wat “ek” was

is net ‘n woord

in Desember se donker mond.

 

“En dit wat ‘ek’ was is net ’n woord”. In hierdie reëls kom ’n essensiēle eienskap van Tranströmer na vore: die digter se menswees, sy identiteit, raak weg in die werklikheid waarin hy homself bevind, hy word deel van die groot geheel en doen afstand van sy indiwidualiteit. Hy word “net ’n woord / in Desmeber se donker mond”. Vir Tranströmer is die woord hier ’n soort geestelike entiteit, iets waarin die mens homself transendeer.

 

Coral Bracho

 

Coral Bracho (1951 – ) is een van die bekendste en mees gewaardeerde Meksikaanse  hedendaagse digters.

Haar gedig Geheime woord (Palabra oculta) bring weer ’n ander perspektief op die aard van die woord.

 

Palabra oculta

Coral Bracho

 

Esta palabra oculta

abre su selva. Su ensortijada

sombra.

 

Geheime woord

 

Hierdie geheime woord

openbaar sy oerwoud. Sy ineengekrulde

skadu. Die water in

die alligator

en die lig verdeel. Die gees

kom nader,

fluister, soos ’n muur wat oprys

teen die golwe.

 

In hierdie kort gedig word “die geheime woord” met meevoerende beelde en metafore beskryf. Daar word nie in die gedig eksplisiet aangedui waarom die woord “geheim” moet wees nie. Dit is die digter se manier om te sê wat aan die begin van hierdie essay gesê is: die woord kan nie finaal omskryf en vasgepen word nie, dit bly ’n geheim.

 

Onbekende boustof

Mens wonder dan, nadat oor en oor aangedui is dat die woord eintlik ’n onbekende entiteit is, hoe kry digters dit dan reg om gedigte met woorde te maak as hulle nie presies weet wat dit is waarmee hulle werk nie?

Ek kan aan een verklaring dink en sal dit probeer verduidelik met behulp van ’n metafoor. ’n Plant of ’n dier of die mens se selle produseer boustowwe uit die voedingstowwe wat hulle bereik, sonder om te “weet” hoe dit gedoen word. Tog word dit gedoen, onophoudelik en amper altyd foutloos.

Die digter doen dieselfde met die gedig. Dit word aanmekaar gesit met woorde wat die digter intuïtief uit sy of haar onbewuste put, en wat nie volkome deur die digter verstaan word nie. Natuurlik speel die bewuste denke, die intellek ’n groot rol om die gedig te vorm en verstaanbaar en genietbaar te maak vir lesers. Die digter wil die woorde sekere begrippe laat dra en wil hulle met sekere emosies belaai. Maar die essensiële skeppingsproses is die taak van die onbewuste, die skeppende impuls waaruit die woord “opstyg”.

 

Bronverwysings

Haspelmath, M. 2011. The indeterminacy of word segmentation and the nature of morphology and syntax. Folia Linguistica, 45(2): 31-80.

Paz, Octavio, indagador de la Palabra – https://zonaoctaviopaz.com

 

Gedigte in hierdie essay is uit Spaans en Sweeds vertaal deur De Waal Venter. Van die gedigte is gepubliseer in die bundels “ Vandag is boordensvol – Pablo Neruda in Afrikaans”, Naledi 2019 en “Alles keer om – Tomas Tranströmer in Afrikaans”, Uitgegee deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2020.

 

De Waal Venter. Agter die kap van Tranströmer se byl

Thursday, July 9th, 2020

 

 

Tomas Tranströmer, die Sweedse Nobelpryswenner vir Letterkunde in 2011, se siening en vertolking van die wêreld en werklikheid om hom transendeer die beperkinge van ’n bepaalde land, kultuur en taal. Dit bied ’n universele kyk op die lewe wat in die meeste van sy gedigte spruit uit die waarneming van ’n alledaagse verskynsel: landskap, ’n voël, die see, ens. Die gedig word dan opgebou uit hierdie oënskynlik eenvoudige begin.

Met die lees van ’n Tranströmer-gedig word die leser dieper en dieper in die vreemde denkwêreld van die digter ingelei en algaande ontdek mens die onverwagte verwantskappe wat daar bestaan tusssen entiteite en begrippe; en hoe ons as mense in verband staan met die wêreld om ons.

In die volgende kort gedig kom die leser die abstrakte idee van herinneringe teë wat onder Tranströmer se hand lewende entiteite word wat kan sien en asemhaal.

 

Minnena ser mig

 En junimorgon då det är för tidigt

att vakna men för sent att somna om.

 

 

Herinneringe kyk vir my

Een oggend in Junie wanneer dit te vroeg is

om op te staan, maar te laat om weer te slaap.

 

Ek moes uit die struike kom, versadig

met herinneringe, en hulle oë volg my.

 

Hulle is onsigbaar, hulle versmelt heeltemal

met die agtergrond, presies soos ’n trapsuutjies.

 

Hulle is so naby, ek hoor hulle asemhaal

die voëlgeluide is oorverdowend.

 

Om beter te verstaan

Elke vertaler het sy eie benadering tot vertaling en werk vanuit ’n eie filosofie ten opsigte van hierdie moeilike bedryf. Hoe kan jy ’n greep kry op die digter wat jy wil vertaal, se werk? Hoe kom mens agter die kap van die byl? Een van die strategieë wat ek volg om ’n digter beter te verstaan, en dus beter te vertaal, is om gedigte te skryf in die styl en toonaard van die bronteks, om as’t ware te skryf asof ek die oorspronklike digter is.

John Dryden (1631 – 1700), die groot Engelse digter, dramaturg, kritikus en vertaler en die eerste Poet Laureate, het hoofsaaklik uit Latyn vertaal. In die sewentiende eeu was dit algemeen aanvaar dat klassieke Latyn en Grieks die tale van fyn beskawing is en modelle is waarvolgens ’n goeie skrywer moes skryf. Dryden het interessante menings gehad oor vertaling. Sy idee van “imitation” is hier ter sake.

John Dryden oor nabootsing of naskrywing*:

“I take imitation of an author … to be an endeavour of a later poet to write like one who has written before him, on the same subject; that is, not to translate his words, or to be confined by his sense, but only to set him as a pattern, and to write, as he supposes that author would have done, had he lived in our age, and in our country.”

Ek het hierbo gepraat van die tegniek wat ek aanwend om ’n digter wie se werk ek wil vertaal, so goed as moontlik te verstaan en te internaliseer. Die doel is om ’n ’n gedig te skryf wat so oortuigend is dat dit miskien sou kon gesien word as ’n gedig van die Sweedse meester. Dit moet as’t ware in die spore volg van die digter wie se werk vertaal moet word.

Ek praat dus van ’n “volgvers”, ’n vers wat die aard en gevoelswaarde van ’n ander digter so noukeurig as moontlik volg. Om dit te demonstreer, volg hier nou so ’n gedig wat ek geskryf het. Dit is in die styl van ’n tipiese Tranströmer-gedig geskryf en is gebaseer op die tweede strofe van sy gedig “Afgesonderde Sweedse huise”. Maar eers Tranströmer se gedig.

 

Svenska hus ensligt belägna

 Ett virrvarr av svarta granar

och rykande månstrålar

 

 

Afgesonderde Sweedse huise

 

‘n Wirwar van swart spardenne

en smeulende maanstrale.

Hier onder lê die kleinhoewe

en dit lyk leweloos.

 

Tot die oggend-dou murmel

en ‘n ou man sy venster

met bewende hand – oopmaak

en ‘n uil uitlaat.

 

En in ‘n ander rigting

staan ‘n nuwe gebou en stoom

met die wasgoed-skoenlapper

fladderend op die hoek.

 

In die middel van ‘n sterwende woud

waar die vermolming

deur ‘n bril van sap

die bedrywigheid van houtboorders lees.

 

Somer met vlasblonde reën

of ‘n enkele donderwolk

bokant ‘n hond wat blaf.

Saad skop in die aarde.

 

Oproerige stemme, gesigte

vlieg in telefoondrade

op verkrimpte vinnige vlerke

oor die vleiland myle.

 

Die huis op ‘n eiland in die rivier

broei op sy klipfondament.

Aanhoudende rook – iemand verbrand

die woud se geheime papiere.

 

Die reën wentel in die lug.

 Die lig slinger in die rivier.

 Huise op die hoogte hou toesig

oor die waterval se wit osse.

 

Herfs met ‘n swerm spreeus

wat die dagbreek skaakmat.

Mense beweeg styf

in die lamplig se teater.

 

Laat hulle geen vrees ken nie

die gekamoefleerde vleuels

van God se energie

opgekrul in die donker.

 

Religieus by uitsondering

Tranströmer roer ’n hele paar punte aan in hierdie gedig. Behalwe die ou man en die uil is daar die aanduiding van ander mense, die ander huis met wasgoed aan die lyn. Dan kom die natuurbeelde, die woud, vermolmde hout, saad in die grond, wolke. Dan weer tekens van die mens in die landskap, die telefoondrade en die huis op die eiland. Aan die einde van die gedig kom ons uiteindelik ander mense teë – maar hulle is “styf” en laat mens dink aan marionette soos hulle beweeg in die “lamplig se teater”.

Hierdie is een van die min Tranströmer-gedigte waarin ’n religieuse element eksplisiet en duidelik na vore kom: “God se energie opgekrul in die donker”.

Ek het ’n “volgvers” geskryf wat konsentreer op net twee van die idees wat in die Sweedse gedig voorkom. Die ou man en die uil. Hier is die gedig:

 

Uilgesprek

 

Vanoggend sluimer die huise nog.

die uil kyk

die vreemde dag in.

 

Stadig syfer

die donkerte weg

in die mond van gister.

Sneeu is die wit van wange

net waar die son skyn,

elders is dit blou

en byna die swart

van die Baltiese See in Desember.

 

Die ou man

kyk uit deur die krakende luik,

soekend na die uil.

Hulle het ’n gesprek gedroom

wat nie afgesluit is nie.

 

Die gesprek is ’n trein

wat deur die nag geloop het,

alle sinjale geïgnoreer het.

 

Die wind leun

’n stuk bleek koerant teen die heg.

Daar is ’n opskrif:

Dit is gevaarlik

om asem te haal.

 

Ek het ook ’n tweede volgvers geskryf wat ander klemme lê, Die ou man en die uil bly sentrale karakters.

 

Bestuiwing

 

Die ou man

in sy hemelsblou huis

maak die venster oop

en laat die uil uitvlieg.

Hoër en hoër vlieg die uil.

Onder hom

trek die landskap saam,

’n kuslyn verskyn, dan

word die ronding van die aarde sigbaar.

Vastelande staan bruin uit

teen die donkerblou see.

Die aarde is ’n groot bol,

geil van lewe

in die swart heelal.

 

Kleiner en kleiner

word die bol

tot dit ’n ligpunt is

tussen eindelose ander.

 

Die uil vlieg

onvermoeid

tussen die sterre deur,

swenk weg van suiende donker kolke,

ver verby woedende novas,

draai rond hier en daar

om sonne met troppies planete,

soek

na nog ’n uil.

 

Die byl kap

Om mee af te sluit, bied ek ’n derde volgvers wat ek geskryf het in navolging van Tomas Tranströmer. Hierdie een verwys nie direk na ’n spesifieke gedig of strofe nie. Hierin het ek daarna gestreef om die soort beelde en atmosfeer te skep wat ek dink Tranströmer sou kon gebruik het.

In hierdie gedig kom daar ’n ontmoeting en ’n gesprek voor tussen ’n mens, die weduwee, en ’n voorwerp, die klavier. Dit is die soort terloopse surrealisme wat tipies is van die Sweed. In sy gedig, “Die paleis” is daar iets soortgelyk. Die spreker in daardie gedig beland in ’n groot, leë saal waar daar ’n standbeeld van ’n perd is. Maar in die loop van die gedig blyk die standbeeld lewendig te wees en het baie duidelike en sterk menings van sy eie.

Ek verbeel my ek sien Tranströmer, met ’n byl in die hand, kap aan ’n dennestomp, besig om ’n beeld daaruit te dwing. Ek kyk en kyk en verbeel my ek begin effens agter die kap van sy byl te kom.

 

Morgon och piano

Det är kallt nog

för havet att tysta

gråmusik med vita måsar,

spridna musik noter.

 

Oggend en klavier

 

Dit is koud genoeg

vir die see om stil te lê,

grys bladmusiek met wit meeue

as verspreide note.

 

Die klavier kom met swaar pote

afgestap teen die steil trappe

na die hawe.

Dit neurie ’n andante

wat Chopin nooit gekomponeer het nie.

 

Onder op die kaai

gaan staan die klavier kortasemig

en knoop ’n gesprek aan

met ’n weduwee wat nog daar wag

vir niemand wat kom nie.

 

Die Baltiese lug

val uit oor die landskap,

nog klam van die seeswelling

om die kus van Runmarö.

 

Uiteindelik laat die klavier die weduwee toe

om ’n paar note te druk –

hulle beweeg stadig weg

die yl oggend in,

geklee in die donker pakke

van afgetrede skeepskapteins.

 

 

* Uittreksel uit John Dryden se “preface to his translations of Ovid’s Epistles, 1680”.

 

Tomas Tranströmer: Vertaling in Afrikaans

Wednesday, January 29th, 2020

 

 

Tomas Tranströmer: Vertaling uit Sweeds in Afrikaans. Vert. deur De Waal Venter

 

Under tryck

Den blå himlens motordån är starkt.

Vi är närvarande på en arbetsplats i darrning.

 

 

Onder druk

 

Die blou lug se motordreuning is oorverdowend.

Ons leef hier op ‘n sidderende werksvloer

waar die seediepte skielik kan verskyn –

skulpe en telefone ruis.

 

Skoonheid kan jy net haastig van die kant af sien.

Digte graan op die land, ‘n klomp kleure in ‘n goue stroom.

Die rustelose skadu’s in my kop soontoe gesleur.

Hulle wil in die graan inkruip en dit in goud verander.

 

Donkerte sak toe. Middernag gaan ek bed toe.

Die bootjie vaar weg van die grote.

Jy is alleen op die water.

Die samelewing se romp dryf al hoe verder weg.

 

© De Waal Venter

De Waal Venter. Huldeblyk aan Tomas Tranströmer (15 April 1931 – 26 Maart 2015)

Wednesday, April 1st, 2015

 

Afgesonderde Sweedse huise

 

 

 

‘n Wirwar van swart spardenne

 

en smeulende maanstrale.

 

Hier onder lê die kleinhoewe

 

en dit lyk leweloos.

 

 

 

Tot die oggend-dou murmel

 

en ‘n ou man sy venster –

 

met bewende hand – oopmaak

 

en ‘n uil uitlaat.

 

 

 

En in ‘n ander rigting

 

staan ‘n nuwe gebou en stoom

 

met die wasgoed-skoenlapper

 

fladderend op die hoek.

 

 

 

In die middel van ‘n sterwende woud

 

waar die vermolming

 

deur ‘n bril van sap

 

die bedrywigheid van houtboorders lees.

 

 

 

Somer met vlasharige reën

 

of ‘n enkele donderwolk

 

bokant ‘n hond wat blaf.

 

Saad skop in die aarde.

 

 

 

Oproerige stemme, gesigte

 

vlieg in telefoondrade

 

op verkrimpte vinnige vlerke

 

oor die vleiland myle.

 

 

 

Die huis op ‘n eiland in die rivier

 

broei op sy klipfondament.

 

Aanhoudende rook – iemand verbrand

 

die woud se geheime papiere.

 

 

 

Die reën wentel in die lug.

 

Die lig slinger in die rivier.

 

Huise op die hoogte hou toesig

 

oor die waterval se wit osse.

 

 

 

Herfs met ‘n swerm spreeus

 

wat die dagbreek skaakmat.

 

Mense beweeg styf

 

in die lamplig se teater.

 

 

 

Laat hulle geen vrees ken nie

 

die gekamoefleerde vleuels

 

van God se energie

 

opgekrul in die donker.

 

(c) Tomas Tranströmer / Hemligheter på vägen (1958)

Vertaling deur De Waal Venter (Uit: Geheime op die weg)

 

NOTA: ‘n Volledige bundel vertaalde verse van Tranströmer kan hier gelees word.

Louis Esterhuizen. Het jy al jou Tranströmer-versameling aangevul?

Monday, January 16th, 2012

Verlede jaar is die vreugdevure omtrent hoog gestook toe die Sweedse Akademie bekend gemaak het dat die Nobelprys vir letterkunde aan die Sweedse digter Tomas Tranströmer (foto) toegeken word. En binne enkele ure na dié bekendmaking, is die enkele kopieë van Tranströmer se vertaalde poësie wat ‘n bepaalde boekwinkel in Stellenbosch beskikbaar gehad het, uitverkoop. Summier het dié winkel egter nagevors watter vertaalde werke wel nog beskikbaar was en bestel.

Dié versameling van drie titels het nou pas gearriveer en graag gebruik ek dus dié ruimte om dit onder alle poësieliefhebbers se aandag te bring.

Omslag

Omslag

Die een wat ek ten sterkste kan aanbeveel, is The Great Enigma – New Collected Poems (2006: New Directions Books) wat deur Robin Fulton saamgestel en vertaal is. Fulton se vertalings lees uiters gemaklik en toon ‘n heerlike besonderse gevoeligheid ten opsigte van ritme en klank; soos dit ‘n knap vertaler betaam.

Volgens die flapteks, die volgende: “Translated into fifty languages, the poetry of Tomas Tranströmer has had a profound influence around the world, an influence that has steadily grown and has now attained a prominence comparable to that of Pablo Neruda’s during his lifetime. But if Neruda is blazing fire, Tranströmer is expanding ice. The Great Enigma: New Collected Poems gathers all the poems Tomas Tranströmer has published, from his distinctive first collection in 1954, 17 Poems, through his epic poem Baltics (“my most consistent attempt to write music”), and The Sad Gondola, published six years after he suffered a debilitating stroke in 1990 (“I am carried in my shadow / like a violin / in its black case.”), to his most recent slim book, The Great Enigma, published in Sweden in 2004. Also included is his prose-memoir Memories Look at Me, containing keys into his intensely spiritual, metaphysical poetry (like the brief passage of insect collecting on Runmaro Island when he was a teenager). Firmly rooted in the natural world, his work falls between dream and dream; it probes “the great unsolved love” with the opening up, through subtle modulations, of ‘concrete words’.”

The Great Enigma beslaan 262 bladsye (met ‘n omvattende voorwoord) en is ‘n ‘moet hê’ teen R249.50 … Beslis die koop werd, myns insiens.

Omslag

Omslag

Die tweede boek waarvan voorraad ontvang is, is The Half-finished Heaven – The Best Poems of Tomas Tranströmer (2001: Graywolf Press) wat deur die bekende vertaler Robert Bly byeengebring en vertaal is. Alhoewel Bly se vertalings na alle waarskynlikheid net so goed soos Fulton s’n is, vind ek dit tog jammer dat dié versameling nie al die “ekstras” bied wat The Great Enigma het nie. So ontbreek ‘n alfabetiese indeks van titels en is die keuse van gedigte ook minder verteenwoordigend. Tog het ek Robert Bly se Inleiding, “Upward into the Depths” as oorsig van Tranströmer se digkuns uitstekend gevind.

As aptytwekker die volgende aanhaling: “The contemporary Swedish poet Tomas Tranströmer has a prestigious worldwide reputation; many expect that he will someday win the Nobel Prize for Literature. Robert Bly, a longtime friend and confidant of Tranströmer’s, as well as one of his first translators, has carefully chosen and translated the finest of Tranströmer ‘s poems to create this cherished and invaluable collection. “

The Half-finished Heaven se verkoopsprys is R209.50 en beslaan 98 bladsye; ‘n boek wat besonder mooi uitgegee is, maar as ‘winskopie’ heelwat minder bied as The Great Enigma, myns insiens.

Omslag

Omslag

Die derde titel wat ek graag wil noem, die die uitgewery Green Integer se sakgrootte uitgawe van The Sorrow Gondola (2010); Tranströmer se voorlaaste bundel (1996: Sorgegondolen) wat met die Sweedse teks en Engelse vertaling deur Michael McGriff en Mikaela Grassl uitgegee is: “The Sorrow Gondola is the first collection of poetry Tranströmer completed after the debilitating stroke he suffered in 1990. Since its publication, it has sold over 30,000 copies in Sweden alone. This new bilingual edition offers North American readers Tranströmer’s seminal work for the first time as a single volume.” (Aldus die flapteks.)

Soos reeds vermeld is hierdie tweetalige bundel in kleinformaat (71 bladsye) met ‘n verkoopprys van R150.00.

Dus – indien jy van voorneme is om jou volgende steak & chips eerder ten gunste van ‘n Tranströmer-versameling te versaak, kan jy gerus met ‘n bepaalde boekwinkel op Stellenbosch kontak maak deur (021) 882 9100 te skakel, of ‘n e-pos te stuur na ls.protea@mweb.co.za. Maar, let asseblief daarop dat dié beperkte voorraad direk van ‘n oorsese verskaffer bestel is en derhalwe ietwat duurder is as die boeke wat later vanjaar deur Book Promotions, ‘n plaaslike verskaffer, aan Suid-Afrikaanse boekwinkels beskikbaar gestel gaan word.

Vir jou leesplesier volg een van die gedigte wat deur Robert Fulton vertaal is.

***

SOLITARY SWEDISH HOUSES

A mix-max of black spruce
and smoking moonbeams.
Here’s the croft lying low
and not a sign of life.

Till the morning dew murmurs
and an old man opens
– with a shaky hand – his window
and lets out an owl.

Further off, the new building
stands steaming
with the laundry butterfly
fluttering at the corner

in the middle of a dying wood
where the mouldering reads
through spectacles of sap
the proceedings of the bark-drillers.

Summer with flaxen-haired rain
or one solitary thunder-cloud
above a barking dog.
The seed is kicking inside the earth.

Agitated voices, faces
fly in the telephone wires
on stunted rapid wings
across the moorland miles.

The house on an island in the river
brooding on its stony foundations.
Perpetual smoke – they’re burning
the forest’s secret papers.

The rain wheels in the sky.
The light coils in the river.
Houses on the slope supervise
the waterfall’s white oxen.

Autumn with a gang of starlings
holding dawn in check.
The people move stiffly
in the lamplight’s theatre.

Let them feel without alarm
the camouflaged wings
and God’s energy
coiled up in the dark.

 

© Tomas Tranströmer (Vertaal deur: Robin Fulton)

 

 

De Waal Venter. Tomas Tranströmer – 7 vertalings

Tuesday, January 10th, 2012

Tomas Tranströmer

 

Award Ceremony Speech

Presentation Speech by Kjell Espmark, Member of the Swedish Academy, Member of its Nobel Committee, 10 December 2011.

“Your Majesties, Your Royal Highnesses, esteemed Laureates, Ladies and Gentlemen,  Tomas Tranströmer is one of the very few Swedish writers with an influence on world literature. He has been translated into some sixty languages, (and now also in Afrikaans – DWV) and has been important to poetry in various parts of the world. The Nobel Laureate Joseph Brodsky admits that he stole more than one metaphor from him. And during a journey among Chinese poets a year ago I found that Tranströmer is their great model.

Why? Is it the brilliant metaphors? I think that is only half the truth. The other half is the visions, the illuminations in everyday life into which the metaphors have been inserted.”

 

Spår

Spoor

 

Twee-uur in die oggend: maanskyn. Die trein staan

in die veld. Ver ‘n dorp se liggies

wat koud flikker teen die horison.

 

Soos wanneer jy so diep in ‘n droom wegsak

jy nie eers kan onthou jy was daar

wanneer jy terugkom nie.

 

Of wanneer jy so diep wegsak in ‘n siekte

dat jou dae ‘n swerm flikkerende spikkels word,

yl en koud teen die horison.

 

Die trein staan doodstil.

Twee-uur: helder maanskyn, yl sterre.

 

 

April Och Tystnad

April en stilte

 

 

Die lente lê verlate.

Die fluweelswart watersloot

kruip hier langs my

sonder weerkaatsings.

 

Die enigste iets wat glinster

is geel blomme.

 

Ek is geborge in my skadu

soos ‘n viool

in sy swart kas.

 

Die enigste ding wat ek wil sê

glinster buite bereik

soos silwerware

in ‘n pandjieswinkel.

 

 

Två Städer

Twee stede

 

Elk aan sy eie kant van die smal see, twee stede

die een verdonker, beset deur vyande.

In die ander brand ligte.

Die skitterende kuslyn hipnotiseer die donker een.

 

Ek swem uit in ‘n beswyming

op die glinsterende donker waters.

‘n Dowwe tuba-klank dring in.

Dit is ‘n vriend se stem, vat jou graf en gaan.

 

 

Sorgegondolen nr 2

Droewe gondel

 

I

 

Twee ou mans, skoonvader en skoonseun, Liszt en Wagner, bly by die Groot Kanaal

saam met die rustelose vrou wat getroud is met koning Midas

wat alles verander wat hy aanraak in Wagner.

Die see se koue groen stoot op deur die paleisvloere.

Wagner is gemerk, sy beroemde Punch-profiel is moeër as voorheen

sy gesig ‘n wit vlag.

Die gondel is swaar gelaai met hul lewens, twee retoer en ‘n enkel.

 

II

 

‘n Venster in die paleis vlieg oop en mense frons in die skielike trek.

Buite op die water verskyn die vullisgondel geroei deur twee eenspaan-bandiete.

Liszt het ‘n paar akkoorde neergeskryf, so swaar dat hulle eintlik weggestuur moet word

na die mineralogie-instituut in Padua vir analise.

Meteoriete!

Te swaar om te dryf kan hulle net sink en sink reg deur die toekoms

tot die Bruinhemde-dae.

Die gondel is gelaai met die toekoms se opgehoopte klippe.

 

 

III

 

Loergate op 1990.

 

25 Maart. Angs vir Litaue.

Gedroom ek besoek ‘n groot hospitaal.

Geen personeel. Almal was pasiënte.

 

In dieselfde droom ‘n pasgebore dogtertjie

wat volsinne gepraat het.

 

IV

 

Langs die skoonseun, ‘n man van sy tyd, is Liszt ‘n motgevrete grand seigneur.

Dit is ‘n vermomming.

Die diepte, wat verskeie maskers aanpas en verwerp, het hierdie een net vir hom gekies –

die diepte wat in mense wil opstyg, sonder om ooit sy gesig te wys.

 

V

 

Abbé Liszt is gewoond om self sy tas te dra deur sneeu en sonskyn

en wanneer sy tyd kom om te sterf sal niemand hom by die stasie ontmoet nie.

‘n Ligte bries van begaafde konjak voer hom mee te midde van ‘n opdrag.

Hy het altyd opdragte.

Twee duisend briewe per jaar!

Die skoolseun wat sy spelfout honderd keer oorskryf voor hy kan huis toe gaan.

Die gondel is swaar gelaai met lewe, dis eenvoudig en swart.

 

VI

 

Terug na 1990.

 

Gedroom ek ry oor ‘n honderd myl tevergeefs.

Dan vergroot alles. Mossies so groot soos henne

het so hard gesing dat my ore toegeslaan het.

Gedroom ek teken klavierklawers

op die kombuistafel. Ek het op hulle gespeel, geluidloos.

Die bure het kom luister.

 

 

VII

 

Die klavier wat stilgebly het deur die hele Parsifal (maar geluister het) kan uiteindelik iets sê.

Sugte … sospiri …

Wanneer Liszt vanaand speel, hou hy die see-pedaal ingetrap

sodat die see se groen krag opstyg deur die vloer en saamvloei met al die klippe in die gebou.

Goeienaand pragtige diepte!

Die gondel is swaar gelaai met lewe, dit is eenvoudig en swart.

 

VIII

 

Gedroom ek moes skool toe, maar kom te laat.

Almal in die kamer se gesigte was wit maskers.

Wie die onderwyser was, kon niemand sê nie.

 

 

Ansikte mot ansikte

Van aangesig tot aangesig

 

In Februarie het die lewe tot stilstand gekom.

Voëls het gesukkel om te vlieg, en die siel

het teen die landskap geskuur soos ‘n boot

teen die brug waaraan dit vas is.

Bome het gestaan met weggedraaide rûe.

Sneeudiepte is gemeet aan dooie gras.

Voetspore het oud geword in die sneeukors.

Onder ‘n seil, vervagende taal.

Op ‘n dag kom iets na die venster.

Werk word gestaak, ek kyk op.

Kleure brand, alles keer om.

Die grond en ek spring na mekaar.

 

 

 

Published 02:48 11.10.11

    Latest update 02:48 11.10.11

 

A victory for poetry

The decision to award the Nobel Prize in Literature to Swedish poet Tomas Transtromer is a declaration of faith in poetry’s power to transcend borders.

By Eli Eliahu

 

“And I take the award of the Nobel Prize in Literature, when it is given to a poet, to be primarily an assertion of the supra-national value of poetry. To make that affirmation, it is necessary from time to time to designate a poet: and I stand before you, not on my own merits, but as a symbol, for a time, of the significance of poetry.”

It has been over 60 years since T.S. Eliot said the above in his speech at the Nobel Prize banquet. Since then, a few other poets have won the prize, including Wislawa Szymborska and Seamus Heaney, and now once again a poet has been awarded the prize, this time the Swedish poet, Tomas Transtromer. It seems that Eliot’s remarks are more relevant than ever, and the decision to award the Nobel Prize in Literature to a poet indeed is not just an award to the poet himself, but also an award to the significance of poetry and a renewed declaration of faith in its power to transcend borders and have an impact even in times when the value of things is measured solely by the number of people interested in them.

Tomas Transtromer and wife – Reuters – October 6 2011    

The name of Transtromer, who was born in 1931, has been mentioned as a candidate for several years now, but his win is still seen as a surprise. He is not exactly apolitical, but his poetry does not represent clear-cut non-conformism the way the works of other Nobel laureates did, such as Aleksandr Solzhenitsyn or Joseph Brodsky. Nor is the selection perceived as representing the people’s voice, the way works of Seamus Heaney or Derek Walcott are. Not everyone therefore deems Transtromer as a worthy choice. The Telegraph’s Philip Hensher noted, for example, “that time has shown every single Swedish winner of the prize to be ‘a little phenomenon of no interest’ outside their own country.”

Transtromer is indeed not a popular poet among the broader public, but his poetry has been translated into some 60 languages. His poems were translated into Hebrew by Galit Hasan-Rokem and his book, “Winter Formulae” was published in 2003 by Keshev Leshira. “Transtromer’s poetry can be considered from two perspectives,” says the publisher’s CEO, Rafi Weichert. “First, it contains material directly connected to Sweden, the images, the scenery. On the other hand, he deals with universal issues, such as the alienation that is the lot of modern man, the relationship between nature and the written word and urbanity, the place of language and poetry, the place of religion.”

The last poet to win the Nobel Prize in Literature was Wislawa Szymborska. The ease with which both poets’ works can be translated may well account for part of the choice to grant them the award.

“Transtromer’s poetry is meditative, recitative, and colored with surreal images and expressionism,” says Weichert. “It is poetry where the essence is in the content, the pictures and in this respect it is also reminiscent of the poetry of Yehuda Amichai, which is also easy to translate and has become popular around the world.”

 

A politically clean choice

Transtromer suffered a stroke in 1990 and since then has been paralyzed on one side and is unable to talk. He does continue to write and publish, but Weichert says his best poetry was written in earlier years. “I think they gave him the prize because they were worried that he would depart from this world without receiving it. This choice also conveys a message of political cleanliness. Had they chosen Adonis, for example, who I think is a great poet and certainly deserving of the prize, they would be saying that he was chosen because of the protests in Syria. And if they had chosen Amos Oz they would say that it was in order to promote the peace process. In the case of Transtromer, it is impossible to make any political arguments of this kind. Clearly, he was chosen on the merit of his poetry.”

There is something Bergman-esque about it (Tranströmer’s poetry); it will never be as popular as Szymborska’s poetry.”

Breyten Breytenbach. windeier, sommer

Friday, November 4th, 2011

windeier, sommer

In ‘n poging om die vertaalde Tranströmer vers van vanoggend uit die web te lok, te knip en dan oor te plak en aan te stuur vir ‘n ou digtersvriend (halfbroer) wat nou saam met sy Turks-Amerikaanse vrou met irisse boer iewers in Toskane – immergroen knolplant met pronkerige blomme, flap; reënboog; reënboogvlies v.d. oog: dankie, VAW – want hy staan ook met die een voet in die gapende graf van ou briewe (die vlietende reënboog is ‘n vlieslied) / en omdat ek nie weet hoe om dit te doen nie, hoe om te vertaal nie, kry ek toe die volgende resultaat. (My tata sê daar is nog baie poelpetate in die Vrystaat – jy beter jou patats oppas!)

 

Answers to Letters

In the bottom drawer of my desk I come across a letter that first arrived twenty-six years ago. A letter in panic, and it’s still breathing when it arrives the second time. A house has five windows: through four of them the day shines clear and still. The fifth faces a black sky, thunder and storm. I stand at the fifth window. The letter. Sometimes an abyss opens between Tuesday and Wednesday but twenty-six years may be passed in a moment. Time is not a straight line, it’s more of a labyrinth, and if you press close to the wall at the right place you can hear the hurrying steps and voices, you can hear yourself walking past there on the other side. Was the letter ever answered? I don’t remember, it was long ago. The countless thresholds of the sea went on migrating. The heart went on leaping from second to second like the toad in the wet grass of an August night. The unanswered letters pile high up, like cirro-stratus clouds presaging bad weather. They make the sunbeams lustreless. One day I will answer. One day when I am dead and can at last concentrate. Or at least so far away from here that I can find myself again. When I’m walking, newly arrived, in the big city, on 125th Street, in the wind on the street of dancing garbage. I who love to stray off and vanish in the crowd, a capital T in the mass of the endless text.

TOMAS TRANSTRÖMER (1981)Vertaal deur Robin Fulton.

 

Wat volg is die… (gevolg) van die poging om die ‘oorspronklike’ weer te herstel, veral die lynafbakening, en dit word toe ‘n spel van vraag en vervaging. Vraag: Hoeveel ‘stemme’ is daar opgesluit in ‘n teks? Wat is die eggo’s wat jy hoor, en hoekom? (Iewers onder die woordhopies en letterstrepies – meen jy – is daar iets waar te neem van die primordiale kreet.) Stom kreet? En dit kan nie vervals word nie? Wie toor daar in die toring? Jy kan tog nie uit die gedig ‘vertaal’ (vertaalhaal) wat nie reeds daar is nie, al waai die woorde ook weg op die wind. Vertaal is windverwoording.

Natuurlik kan dit vir ewig aanhou. Ons gaan dood, kom tot ‘n einde, omdat daar te veel alternatiewe is. Zeno se aksioom – dat die ewigheid of die oneinde bestaan (en nie bestaan nie) omdat dit wat jy wéét of hét weer en weer verdeel (en gedeel?) kan word. (En weer.) Wat se ‘spore’ bly oor van ‘n ‘eie’ (hoeveel vere van die eier) in die variante? “Le mouvement, fut-il chaotique: jusqu’ici, on n’a pas trouvé mieux contre la mort.” Synde: Beweging, al is dit ook chaoties: tot dusver het ons nog nie iets beter teen die dood gekry nie. Meerstemmige beweging?

Let daarop hoeveel slaankrag of wagkrag opgesluit lê of losgelaat word in jou keuse (?) van enjambementering. Jy sou kon argumenteer dat dit juis dáár is dat beweging ontstaan… en waar die paaie (moontlikhede) vurk. (Jy – ek? – bevraagteken die keuses gemaak, bewustelik of nié, deur die twyfelende Tomas, of sy vertaler. Jy begryp nie mooi hoekom die some juis dáár gestik is en nie elders nie. Jy ‘onteien’ die maker/versaker. Jy neem ‘n bietjie van sy las oor. En sy laste? Versmaker. Versmakker. Makkelaar. Maakmekaarmak. Die digter hakkel sy woorde tot begrippe soos die makelaar sy aandele tot wins.}  

 

answers to Letter

a letter that first

    a letter in panic, and it’s

        the second time.

four of them the day

      black sky, thunder

         window. The letter.

Tuesday and

         may be passed in a

              line, it’s more of a

wall at the right

steps and voices, you

          there on the other side.

I don’t remember, it was

         of the sea went on

             second to

                 an August night.

like cirro-stratus

             make the sunbeams

One day when I am dead

            so far away from

When I’m walking,

              in the wind

                 to stray off

                    in the mass of the endless

 

 

(“skryf is hoed afhaal en vertaal”)

 

gee my jou jas en jou tarentale

kom laat ons stotter in al die

valerwordende vokale van skemering

 

maar gee my jou taaljas

jou droomtrommel en jou maan-

oppas: dat ons saam mag vernaam

 

© Breyten Breytenbach. November 2011 

 

 

 

Louis Esterhuizen. TLS fokus op Tomas Tranströmer

Thursday, November 3rd, 2011

 

In navolging van die Nobelprys vir Letterkunde wat enkele weke gelede aan die 80-jarige Sweedse digter Tomas Tranströmer toegeken is, het Times Literary Supplement (TLS) besluit om met verlede week se gereelde rubriek, Poem of the Week,  op Tranströmer se gedig Answers to Letters te fokus. Tranströmer, wie se digtersloopbaan oor bykans ses dekades strek, se gedigte is al in meer as vyftig tale vertaal. Vroeër vanjaar het daar ‘n omvattende bloemlesing met Robert Fulton as vertaler in Engeland verskyn.

Maar terug na die fokus-gedig. Volgens TLS se inleidende paragraaf, die volgende: “What is clear from ‘Answers to Letters’, however, is the way Tranströmer is able to reach deep psychological truths through images that are disarmingly clear and direct, robust enough to survive translation yet sufficiently sensitive to touch those areas of shared human experience beyond words that we ask poetry to help us understand […]The letter in this poem represents this period of panic ‘twenty-six years ago’, a moment the poet has locked away in the bottom drawer of his subconscious and yet which, when revisited, is still real enough to erase the intervening years. One day, in an impossible future, he will deal with all these unanswered letters, these troubled and troubling memories, but in the meantime he accepts that the language out of which we build our lives isolates rather than connects, a mass of ‘endless text’ out of which we can construct questions but which words alone cannot answer.”

‘n Skakel via die bespreking neem jou egter na ‘n hewige debat na iets wat waarskynlyklik van veel groter waarde is as die fokus op Tranströmer se gedig: die hele komplekse (en teenstrydige) aard van vertalings.

In ‘n nogals aggressief bewoorde brief aan die TLS het Fulton te velde getrek teen Robin Robertson, vertaler van Tranströmer se gedigte wat in 2007 in die VSA verskyn het met The Deleted World as titel:

Sir, – Alan Brownjohn’s diplomatic review (January 26) of Robin Robertson’s versions of Tomas Transtromer’s The Deleted World (Enitharmon, Brownjohn’s own publisher) tiptoes round some of the problems of Robertson’s enterprise. An excessively large number of Robertson’s lines are identical to mine in my Transtromer translations (as published by Bloodaxe, and New Directions): elsewhere, wittingly or unwittingly, Robertson makes arbitrary changes to the Swedish, a language he does not seem to understand. His versions are neither dependable translations nor independent imitations: they show a cavalier disregard for Transtromer’s texts and I have yet to see a reviewer able or willing to say so.
ROBIN FULTON.
Mjughaug terasse 8, N4048 Hafrsfjord, Norway.

Hierop het WS Milne soos volg reageer:

Sir, – Robin Robertson is hardly the first poet to make “arbitrary changes” in his versions from a foreign language (Letters, February 7). The most famous (or perhaps notorious?) case is that of Robert Lowell in his Imitations of 1961. In his introduction to that volume, Lowell quotes Boris Pasternak as saying “that the usual reliable translation gets the literal meaning but misses the tone”. Lowell goes on to argue the case for licence in poetry translation, or in the making of versions “to write alive English”. This is surely what Robertson has done in his Transtromer versions. Lowell knew no Russian but still translated Pasternak; Geoffrey Hill has no Norwegian but still managed to give us a first-class poetic version of Ibsen’s Brand. Lowell’s “cavalier disregard” for his archetypes extended as far, he freely admitted, to cutting the original poems in half, adding stanzas to them, dropping lines, moving lines, moving stanzas, changing images and altering metre and intent. In relying too on lines from Robin Fulton’s translations of Transtromer, Robertson can perhaps take heart again from Lowell’s example of lifting whole passages from other writers, such as Thoreau and Melville, in his “original” poem, “The Quaker Graveyard in Nantucket”. The crux surely is in getting the tone of Transtromer right, and in making his work come alive on the page for a British audience as poetry, which tasks both Robertson and Fulton, in their different ways, have fully done.
W. S. MILNE.
18 Crediton Way, Claygate, Esher, Surrey.

Nou ja, toe. Inderdaad ‘n belangrike gesprek wat rondom dié onderwerp gevoer was. Gaan lees gerus die volledige weergawe van dié debat op TLS se webblad.

Tomas Tranströmer se gedig, Answers to Letters’, volg hieronder.

***

Answers to Letters

In the bottom drawer of my desk I come across a letter that
first arrived twenty-six years ago. A letter in panic, and it’s
still breathing when it arrives the second time.
A house has five windows: through four of them the day
shines clear and still. The fifth faces a black sky, thunder
and storm. I stand at the fifth window. The letter.
Sometimes an abyss opens between Tuesday and
Wednesday but twenty-six years may be passed in a
moment. Time is not a straight line, it’s more of a
labyrinth, and if you press close to the wall at the right
place you can hear the hurrying steps and voices, you
can hear yourself walking past there on the other side.
Was the letter ever answered? I don’t remember, it was
long ago. The countless thresholds of the sea went on
migrating. The heart went on leaping from second to
second like the toad in the wet grass of an August night.
The unanswered letters pile high up, like cirro-stratus
clouds presaging bad weather. They make the sunbeams
lustreless. One day I will answer. One day when I am dead
and can at last concentrate. Or at least so far away from
here that I can find myself again. When I’m walking,
newly arrived, in the big city, on 125th Street, in the wind
on the street of dancing garbage. I who love to stray off
and vanish in the crowd, a capital T in the mass of the
endless text.

TOMAS TRANSTRÖMER (1981)
Vertaal deur Robin Fulton.