Posts Tagged ‘Ton Van’t Hof’

Louis Esterhuizen. Tot lof van effektiewe vaagheid

Tuesday, June 11th, 2013

 

Foto deur Steve Pyke.

In navolging van die onlangse gesprek oor hermetiese digkuns, lees ek ‘n interessante stuk op Poetry International Web oor die Amerikaanse digter John Ashbery raak; ‘n digter wat allerweë gereken word as nie net een van die vernaamste hermete vandag nie, maar ook as een van die mees gewaardeerde en geliefde digters in die Amerikaanse lettere beskou word.

By wyse van oriëntering, eers die volgende kommentare wat op Poem Hunter gevind kan word: “John Lawrence Ashbery is an American poet. He has published more than twenty volumes of poetry and won nearly every major American award for poetry, including a Pulitzer Prize in 1976 for his collection Self-Portrait in a Convex Mirror. But Ashbery’s work still proves controversial. In an article on Elizabeth Bishop in his Selected Prose, he characterizes himself as having been described as ‘a harebrained, homegrown surrealist whose poetry defies even the rules and logic of Surrealism.’ Although renowned for the postmodern complexity and opacity of his work, Ashbery has stated that he wishes it to be accessible to as many people as possible, not a private dialogue. “

En – “No figure looms so large in American poetry over the past 50 years as John Ashbery,” Langdon Hammer, chairman of the English Department at Yale University, wrote in 2008. “[N]o American poet has had a larger, more diverse vocabulary, not Whitman, not Pound.” Stephen Burt, a poet and Harvard professor of English, has compared Ashbery to T. S. Eliot, the “last figure whom half the English-language poets alive thought a great model, and the other half thought incomprehensible”.

Die essay op Poetry International Web waarna ek hierbo verwys het, is deur Ton van’t Hof geskryf en handel oor die gedigte van John Ashbery wat hy vertaal het en wat nou as Ergens in Amerika gaan verskyn. Van’t Hof tipeer Ashbery se digkuns soos volg:Over the years Ashbery has used a familiar technique: effective vagueness. Ashbery’s phrasing sounds concrete, but is in fact so general and ambiguous, that each time it smoothly fits in with the reader’s experiences, tuning his or her thinking to the poem. I rarely feel uncomfortable near an Ashbery poem. This effective vagueness is an important criterion for finding the proper words: whenever I have a choice, I always opt for the Dutch word that enlarges the meaning of the text in its entirety, even if it creates new connotations in comparison with Ashbery’s original work. Although I’ve never asked him, I believe that that is what he would want me to do […]Another effect of this vagueness is that every reader reads his or her very own John Ashbery poem.”

Alfred Schaffer

Hoekom hierdie van belang is? Wel, hierdie opmerkings oor Ashbery se kenmerkende digstyl kan myns insiens net so van toepassing gemaak word op Alfred Schaffer se digkuns; selfs die verwysing na “surrealisme” en Ashbery se versugting dat hy “toeganklike” verse wil skryf is van toepassing … Maar hoe gemaak met die vertaling van diesulke verse? Volgens sy eie verklaring het Van’t Hof homself die vryheid vergun om bepaalde woorde wat hy as “effektief vaag” beskryf in die Nederlands te “verruim”. Hierteenoor het Daniel Hugo weer met sy vertaling van Alfred Schaffer se gedigte (Kom in, dit vries daar buite, 2013: Protea Boekhuis) die oorspronklike teks met uiterste integriteit hanteer; ten spyte van die assosiatiewe (surrealistiese?) spronge wat die hermetiese vers so dikwels maak.

Myns insiens strek dít Daniel Hugo as vertaler tot eer.

Maar, ‘n laaste beskouing. In sy onderhoud met Danie Marais het Alfred Schaffer soos volg reageer op Marais se vraag oor die hermetiese aard van sy digkuns: “Watter soort poësie ek skryf, hang tot ’n mate ook af van die leser. ‘Hermeties’ sou ek my gedigte nie wil noem nie. ’n Gedig wat verwys na ’n musiekstuk of kunswerk of geografiese plek wat ek persoonlik nie ken nie, kan vir my meer hermeties voorkom. Die mate van verstaanbaarheid hang tot ’n mate saam met die soort van assosiatiewe denke van die leser. Wat wil jy as ’n leser van ’n gedig? Elke leeshouding is geldig, maar elke opvatting sorg weer vir ’n ander tipe leser. Moeilik of maklik, tradisioneel of eksperimenteel, poësie speel tot ’n mate altyd met die onsegbare.”

Inderdaad.

Op Poem Hunter is daar verskeie van John Ashbery se gedigte wat gelees kan word. Aangesien die meeste van hulle betreklik lank is, plaas ek as lusmaker hieronder net die laaste strofe van die gedig “Syringa”. En vir jou leesplesier, ‘n gedig van Alfred Scahffer soos dit deur Daniel Hugo vertaal is.

***

 

Droombegin

Die nagte is die ergste. Verderaan die laaste plase
maar alles is al onherkenbaar selfs my eie stem niks
niks maak meer sin nie – wat bestaan lyk skielik
supernaby en gedokumenteer, die water in die slootjies
die wind deur die kniehoë gras, die suigende grond
en daardie perd daar ek dink dit is ’n perd. Om tyd te wen
strik ek my veters. In my rugsak water kos droë klere
’n handvol los koeëls my selfoon het gewoonweg ’n sein.
Ek dink skaars, ek haal skaars asem, presies of ek dood is
maar ek is springlewendig. Is ek dors dan drink ek, is ek moeg
dan sing ek ’n liedjie wat my ma altyd vir my gesing het.
Van bo af sou dit miskien kon lyk of ek vlug maar
van bo af is alles duister. Hoogstens nog ’n paar kilometer skat ek
dan kom die son op, skitterend en helder lig oor alles.

© Alfred Schaffer (Vertaling deur Daniel Hugo)

***

Syringa

………..

But how late to be regretting all this, even
Bearing in mind that regrets are always late, too late!
To which Orpheus, a bluish cloud with white contours,
Replies that these are of course not regrets at all,
Merely a careful, scholarly setting down of
Unquestioned facts, a record of pebbles along the way.
And no matter how all this disappeared,
Or got where it was going, it is no longer
Material for a poem. Its subject
Matters too much, and not enough, standing there helplessly
While the poem streaked by, its tail afire, a bad
Comet screaming hate and disaster, but so turned inward
That the meaning, good or other, can never
Become known. The singer thinks
Constructively, builds up his chant in progressive stages
Like a skyscraper, but at the last minute turns away.
The song is engulfed in an instant in blackness
Which must in turn flood the whole continent
With blackness, for it cannot see. The singer
Must then pass out of sight, not even relieved
Of the evil burthen of the words. Stellification
Is for the few, and comes about much later
When all record of these people and their lives
Has disappeared into libraries, onto microfilm.
A few are still interested in them. “But what about
So-and-so?” is still asked on occasion. But they lie
Frozen and out of touch until an arbitrary chorus
Speaks of a totally different incident with a similar name
In whose tale are hidden syllables
Of what happened so long before that
In some small town, one different summer.

© John Ashbery

 

 

Alliansie met De Contrabas

Monday, August 31st, 2009
Chrétien Breukers

Chrétien Breukers

Vandat ons webblad enkele maande gelede op die internet gevestig is, het daar ‘n besondere alliansie met De Contrabas, wat die toekenning vir die beste literêre weblog verlede jaar in Nederland ontvang het, tot stand gekom. Etlike van ons artikels is deur hulle oorgehewel; in dié mate dat bykans 30% van ons besoekers tans vanuit Nederland/Vlaandere afkomstig is. Daarom is dit ‘n voor die hand liggende inistiatief om nog nouer bande met ons vennoot in die ander halfrond te smee.

Vanoggend is dit dan met borrelende opwinding dat ons kan bekend maak dat daar voortaan ‘n tweeweeklikse nuusbrief deur die redaksie van De Contrabas in die Brieweboks geplaas sal word. Hierdie Nuusbriewe sal nuus bevat van gebeure rondom die poësie in Nederland en ook Vlaandere. As teenprestasie sal ons ‘n soortgelyke maandelikse nuusbrief aan hulle verskaf. Soos Versdindaba is De Contrabas ‘n onafhanklike webblad wat deur drie persone bedryf word, by name Chrétien Breukers (Utrecht), Ton Van’t Hof (Leeuwaarden) en Jan Pollet (Gent).

Die eerste bydrae, by wyse van bekendstelling, is vanoggend in die Brieweboks te lese en is deur Chrétien Breukers geskryf. ‘n Meer omvattende nuusbrief sal binne enkele dae geplaas word.

Uiteraard is ons sommer baie opgewonde oor dié ontwikkeling; enersyds omrede dit ons plaaslike liefhebbers van die digkuns selfs nog meer op hoogte van die verwikkelinge in die ander halfrond sal bring, maar ook omrede dIt die prominensie van ons digkuns aldaar net nog verder sal kan verhoog. Onthou dus om hierdie skakel te kliek ten einde op hoogte te kom van nuusgebeure in die Ware Noord. (Lees gerus ook Yves T’Sjoen se kommentaar op die Miriam Van hee-onderhoud wat gisteraand op De Contrabas geplaas is waarin hy reageer op haar van die hand wys van Gent se stadsdigterskap. Die volledige berig kan hier gelees word.)

Dan het ons omtrent rede om hierdie week met ‘n handeklap-sessie te begin, aangesien nog ‘n nuwe bundel verlede week by die boekwinkels gearriveer het, naamlik Cas Vos se vyfde digbundel Intieme afwesige (Protea Boekhuis). Gaan loer dus by Publiksies in vir meer inligting oor dié besonderse bundel en lees veral Johann de Lange se skitterende onderhoud met Cas Vos. Intieme afwesige is beslis ‘n belangrike toevoeging tot ‘n reeds indrukwekkende oeuvre.

Lekker lees aan alles en geniet die week wat op hande is.

Mooi bly.

LE